Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Faro

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gentoo-straat 75, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Faro is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van L'Agulhas. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of 'n groep vriende wat 'n kuswegbreek in die Overberg soek, aangesien hierdie eiendom ook aangrensend aan die Kaap Agulhas Nasionale Park is.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort is beskikbaar in die tweede badkamer.

Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Dié huis het ook 'n binne-kaggel en braai. Buite is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele asook 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam deur te bring terwyl die vuur brand. Hierdie huis maak oop op 'n ruim balkon met ongelooflike sonsondergang-uitsigte.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Gentoo-straat 75, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R6 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gentoo-straat 75, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4a9cc047964b30cafa6ee92875d39e5cd911de797724643cce0e86b0d4bb9854baeadc1367ca8b7f06f34cfc65a459954dd4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 000 per nag (plek vir 6) 75 Gentoo Street L'Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 11:00-19:00 10:00 -34.826161182615 20.002785344705

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang