Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Festina Lente in Onrus

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Stephanie M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Wonderlik. Ons het onlangs die plesier gehad om by Festina Lente te bly en dit het werklik soos 'n huis weg van die huis gevoel. Die gasvryheid en rustige atmosfeer het ons verblyf absoluut die moeite werd gemaak. Die ligging was perfek om Onrus te verken. Ons kan Festina baie sterk aanbeveel. Dit is 'n juweel wat in alle opsigte ons verwagtinge oortref het. Ons sal beslis terugkeer. Al waaroor ek spyt was, was die kort rukkie wat ons daar gekuier het. Die beddens is heerlik sag, dit voel asof jy op 'n wolkie slaap. Nog 'n groot pluspunt is dat my twee vierpotiges kon saamgaan en hulle het dit so geniet om die erf te verken! Baie dankie aan ons gasvrou wat ons so tuis laat voel het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Ag baie dankie, Stephanie, jy laat ons effe verleë voel oor al die mooi woorde. Dis so lekker om te hoor dat gaste ook die rustigheid daar ervaar - ons bedank die voëltjies en paddatjies ook dat hulle julle en die hondekinders verwelkom het. Ons hoop julle kan volgende keer langer kuier. Groete tot dan.

Alconray B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2024

Lekker rustig naweek. Baie lekker gebly. Huis het alles wat mens nodig het en is naby aan die dorp en die strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Alconray, baie dankie vir jou aanbeveling. Ons dink ook Festina Lente in Onrus beskryf presies wat gaste daar kan doen - direkte vertaling uit Latyns "wees gou rustig in Onrus". Ons sien uit na julle volgende besoek.

Helmie R
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Gesellig! Hoogs aan te bevele! Gesellige kuier saam met volwasse gesin en hul honde-kinders. Die gasvrou het die ekstra myl gestap om elke oomblik vir ons onvergeetlik te maak!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Helmie en familie, dit was so maklik en so lekker om jou en jou familie (ook die hondekinders) as gaste te hê. Ons sien uit daarna dat julle weer sal kies om in ons gemmerbroodhuisie te kom bly. Tot weersiens!

Megan L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Sep 2024

Comfortable. Comfortable and in close proximity to shops and the beach.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Thank you, Megan. It's always an honour for us to host guests who appreciate the quirks and comforts of our gingerbread house. All the best on your travels, and we hope to meet you in person next time.

Chanel S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2022

Pragtige plek. Eienaars is baie vriendelik en doen baie moeite.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Chanel, dit was ons plesier om julle as gaste te ontvang en al het ons nie saam gekuier nie, sien ons uit na julle volgende besoek. Alles van die beste vorentoe.

Suretha R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2022

Lui lekker verblyf. Werklik die bes toegeruste selfsorg verblyf. Behalwe jou kos en strandhandoeke, hoef jy werklik niks saam te neem nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Suretha, baie dankie vir jou woorde van lof, ons waardeer dit baie. En net terloops, ons ondersoek die voor- en na-dele van strandhanddoeke, so wie weet, volgende keer hoef julle dalk net julle eie kos hoef te voorsien. Kom maak gerus gou weer 'n draai!

Helena R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2022

Heerlik gekuier in 'n oulike huis. Dit is 'n baie oulike huisie met al die nodige geriewe vir lekker ontspanningsnaweek. Ons is verwelkom met 'n boodskap op die tafel en oral was geskenkies. Alles was netjies en so kunstig. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Helena, ons tone krul van lekkerkry as ons hoor dat gaste hulle tydjie by Festina Lente in Onrus geniet. Dankie vir julle besoek, hoop om mekaar binnekort iewers raak te loop. Tot dan, mooi bly!

Annetjie J
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2022

Skoon, netjies, 'n fees vir die oog. 'n Gemmerhuis met alles wat jy nodig het en meer. Ons het heerlik gekuier. Dankie Lindie vir jou puik diens en vriendelikheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Dankie Annetjie en vriende, dis altyd 'n fees om gaste soos julle by Festina Lente In Onrus te onthaal. Ons hoop julle voete vind eendag weer hul pad terug na ons plekke. Tot dan, alles van die beste.

Fransonette S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2022

Heerlike rustige kuierplek. Dit is ;n heerlike huisie met alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Hallo Fransonette, ons is bly julle het lekker gebly en hoop julle sal gou weer kom kuier!

Liesbet K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mei 2022

Goeie blaaskans. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Lindie
Festina Lente in Onrus
Baie dankie, Liesbet. Ons glo ook dis 'n ideale plek vir diep asem haal. Kom kuier gerus gou weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lindie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 150
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Kock-keeromstraat 5, Onrus, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc2854981e1a53b23715bfdc073394dd99560653766cc5605a787c74b7021d26482ac043d5caba5c20adfc8db92fb470dc44?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag, vir 6 mense 31 5 1 5 5 De Kock Close Onrus 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.411168487637 19.178685882278

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang