Fly Fishing Paradise
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die S1053, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R550 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Fly Fishing Paradise is op die oewer van die Vaalrivier geleë en bied 'n ontspanne wegbreek net 15 km vanaf Parys.
Gaste het 'n keuse van grasdak-eenhede wat slaapplek vir tussen 2 en 4 gaste het. Twee van die eenhede beskik oor 2 slaapkamers en die ander eenhede is elk oopplan en het koninggrootte-beddens of koningingrootte-beddens en 2 enkelbeddens. Elkeen van die eenhede het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, of 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Daar is privaat sitareas met TV's met OpenView. Gaste kan hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring om na meer DStv-kanale te kyk.
Die eenhede lei elk na 'n stoep en braaigeriewe is beskikbaar. Klein troeteldiere is welkom en 'n skoonmaakdiens kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word.
Die houthuisies is baie basies, het slaapplek vir 2 gaste en 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n buitekombuis, 'n kaggel en koffie- en teemaakgeriewe in. Hierdie huisies het nie TV's of WiFi nie en is 200 m vanaf die rivier.
Fly Fishing Paradise het 'n gemeenskaplike swembad, visvang-areas en elke eenheid het 'n privaat houtvuur-warmbad, maar gaste moet asb. hul eie hout vir die warmbad saambring. Wild loop vrylik rond en gaste kan die weidende springbokke en wildebeeste dophou.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Yvonne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 104
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Langs die S1053, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Fly Fishing Paradise het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Vrystaat
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die S1053, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang