Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fonteinhutte Self-catering Apartments

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 R525 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Fonteinhutte Self-catering Apartments is naby die hoofstrand in Jongensfontein geleë. 'n Kusdorpie geleë langs Stilbaai op die skilderagtige Tuinroete. Die vakansiewoonstelle is ideaal vir gesinne of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige selfsorgvakansie by die see.

Verblyf word gebied in 11 selfsorgwoonstelle wat elk tot 6 mense kan akkommodeer. Die slaapkamers in die woonstelle het enkel- of dubbelbeddens en elke eenheid het 'n privaat badkamer. Beddegoed en handdoeke word nie in enige van die woonstelle voorsien nie. Gaste moet asseblief hul eie saambring.

Die woonstelle het 'n kombuis wat toegerus is met 'n vierplaatstoof en kookplaat, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, en eetgerei en breekware. Elke woonstel het onderdakbraaigeriewe. Die leefarea beskik oor 'n TV met 'n beperkte DStv-pakket. Jy is welkom om jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.

Die kuslyn bied sandstrande, rotsagtige kuslyne en baie rotspoele vir kinders om in te speel en daar is ook genoeg geleentheid vir visvang en swem, asook walviskyk in seisoen.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Densil D
Gesin met klein kinders
5.0
Beslus waarde vir geld. Baie rustig, lekker naby die strand en baie veilig.
Jun 2024
Johann B
Gesin met tieners
5.0
Lekker. Ons het baie lekker gebly. Skoon en netjies.
Mei 2024
Esther S
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Het goed gerus.
Apr 2024
Ina F
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike verblyf. Ons het heerlik gebly, baie dankie! Uitstekende ligging! Net 'n aanbeveling, daar kan dalk een of 2 loadshedding-ligte ingesit word?
Feb 2024
Ian K
Saam met vriende
5.0
Heerlik! Ons het lekker gekuier!
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Armand Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 199

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fonteinhutte Self-catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R 700 R 525
per nag (plek vir 5)
Vanaf R700
R 700 R 525
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb93f79b73c08373a1e14ace7059117ecad538c7d19caf06136f86ee548b9fbcd264ee2f3af0e971732e5c7335d273dd73992?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R525 per nag (plek vir 5) 71 5 1 5 Fonteinhutte Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.426367138204 21.337388992833

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang