Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Footloose Vaal River Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lonsdale-weg 14 A, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Footloose Vaal River Cottage bied rustige vakansieverblyf in 'n privaat tuin en is in die hartjie van Loch Vaal op die Vaalrivier geleë. Dit is die perfekte plek vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n wegbreek van die stadsgewoel.

Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste deel die tweede badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv.

Die leefarea lei na 'n ruim houtdek met 'n buite-etenstafel. Daar is ook 'n groot omheinde tuin met 'n swembad, buitesitplek, 'n vuurput en braai. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Bootvaarte op die rivier is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Hierdie huis is stapafstand vanaf die rivierfront met 'n lanseerhelling en 'n jetty wat watersportentoesiaste en vissermanne sal geniet. Footloose Vaal River Cottage is ook naby trou-venues.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.5
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Petra Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 5 maande

Ligging

  • Lonsdale-weg 14 A, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
  • Gaste dink Footloose Vaal River Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vanderbijlpark Gauteng
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lonsdale-weg 14 A, Loch Vaal, Vanderbijlpark, 1912, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA070691944439e0e13f6f4e5dad416364a9c80611f20cfa6465848eb783aeb5e75294eb09bb7a8822e05bc12a57f211b18ad6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 14 A Lonsdale Road Loch Vaal 1912 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.745810547399 27.71034902282

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang