Forest Edge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 118, Bibby's Hoek, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Vanaf R2 016 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Forest Edge is aan die eindpunt van die inheemse Knysnawoud op die lieflike Tuinroete geleë. Dié deel is bekend vir sy warm klimaat regdeur die jaar, wêreldklas-gholfbane, 'n strandmeer, woude, voetslaanroetes en ander doendinge. Dit is die ideale plek vir gaste wat hou van voetslaan, hardloop, swem en visvang. Let asb. op dat daar grondpaaie op pad na die instansie is.
Verblyf word in 3 luukse kothuise en 2 standaardkothuise aangebied. Die luukse- en standaardkothuise is vir selfsorggebruik toegerus en is perfek vir 'n gesin van 4.
Geriewe op die perseel sluit 'n braai-area en veilige parkeerplek in. Gaste kan ook die woud verken met wonderlike stap- en fietsryroetes, rotspoele en pragtige piekniekplekke. WiFi is slegs in die ontvangsarea en die 3 luukse kothuise beskikbaar.
Doendinge in die omgewing sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildkyk, begeleide toere en swem in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ashley Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Plaas 118, Bibby's Hoek, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
- Gaste dink Forest Edge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 118, Bibby's Hoek, Rheenendal, Knysna, 6576, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering: