Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dolce Far Niente

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Dolce Far Niente is 'n mooi houthuis in 'n veilige kompleks in Palm Beach. Palm Beach is 'n kusdorpie naby Port Edward en skuil in die Hibiskuskus-area. Dit spog met mooi strande, natuurlike getypoele en 'n riviermonding met baie voëls, asook natuurlike besienswaardighede.

Die 3-slaapkamerhuis het 'n see-uitsig en is geskik vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad en stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus en daar is 'n ontbyttafel. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea lei na 'n dek met 'n etenstafel en braaigeriewe. Daar is ook 'n 2-plaatgasstoof vir tydens beurtkrag.

Daar is ook 'n dubbel-toesluitmotorhuis, 24 uur-sekuriteit en 'n gemeenskaplike swembad en klubhuis met 'n kombuis vir diegene wat in die kompleks woon. Indien besoekers van buite die kompleks die geriewe wil gebruik moet daar eers toestemming by die eienaar gekry word. DStv Premium is beskikbaar.

Besienswaardighede in die area sluit gholfbane, natuurreservate, diereplase, strande, die Wild Coast Casino en geskiedkundige liggings in. Van die stoep af kan gaste walvis- en dolfynkyk. Palm Beach spog ook met 'n dek by die hoofstrand vanwaar gaste dolfyne en walvisse kan dophou.

Die huis het 2 watertenks van 5000 liter wat alternatiewe watertoevoer verskaf indien daar wateronderbrekings is. Alternatiewe omskakelingskrag, vir die ligte, yskas en TV, is ook beskikbaar tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

0

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Dolce Far Niente het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd9fd5e6ad1a7094970dee74ad562e28f52447bd38f83adcf37372237897ad0bad8c46d2dad1615d4ab9258346734544c164?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8) 5 5 1 5 75 David Livingstone Drive 1 Forest Homes 4295 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.984095619353 30.274230168318

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang