Forest Homes 1
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Forest Homes 1 is 'n mooi houthuis in 'n veilige kompleks in Palm Beach. Palm Beach is 'n kusdorpie naby Port Edward en skuil in die Hibiskuskus-area. Dit spog met mooi strande, natuurlike getypoele en 'n riviermonding met baie voëls, asook natuurlike besienswaardighede.
Hierdie 3-slaapkamerhuis het 'n see-uitsig en is geskik vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad en stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus en daar is 'n ontbyttafel. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea lei na 'n dek met 'n etenstafel en braaigeriewe. Daar is ook 'n 2-plaatgasstoof vir tydens beurtkrag.
Daar is ook 'n dubbel-toesluitmotorhuis, 24 uur-sekuriteit en 'n gemeenskaplike swembad en klubhuis met 'n kombuis vir diegene wat in die kompleks woon. Indien besoekers van buite die kompleks die geriewe wil gebruik moet daar eers toestemming by die eienaar gekry word. DStv Premium is beskikbaar.
Besienswaardighede in die area sluit gholfbane, natuurreservate, diereplase, strande, die Wild Coast Casino en geskiedkundige liggings in. Van die stoep af kan gaste walvis- en dolfynkyk. Palm Beach spog ook met 'n dek by die hoofstrand vanwaar gaste dolfyne en walvisse kan dophou.
Die huis het 2 watertenks van 5000 liter wat alternatiewe watertoevoer verskaf indien daar wateronderbrekings is. Alternatiewe omskakelingskrag, vir die ligte, yskas en TV, is ook beskikbaar tydens beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Louis Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Forest Homes 1 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Palm Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: David Livingstone-rylaan 75, Forest Homes 1, Palm Beach, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang