Four Fields Farm
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Four Fields Plaas, Roete 102, Die Crags, 6602, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Four Fields is 'n eko-vriendelike kleinhoewe langs die R102-teerpad, tussen Nature's Valley en Plettenbergbaai. Dit is in die kuswoud en fynbosbiome van die skouspelagtige Tuinroete in die Wes-Kaap. Die plaas is deel van die Suidelike Crags-bewarea wat beoog om die pragtige en diverse inheemse flora en fauna van die Tuinroete te beskerm.
Die plaas bied 3 aangename selfsorg-eenhede wat elk 'n uitsig oor die Tsitsikammaberge, ons pragtige tuin en weivelde. Elke eenheid het sy eie braaigeriewe en is ingerig met gehalte meubels en gemaklike beddens. Four Fields waarborg plesierige verblyf.
Die plaashuis het slaapplek vir 8 mense in 4 slaapkamers en elke kamer het of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Elke kamer lei na 'n patio en die tuin wat wemel met voëllewe. Daar is ook 'n ruim oopplan-leefarea en 'n volledig toegeruste kombuis.
Laventel Kothuis het slaapplek vir 2 mense in 'n ruim slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die oopplan-leefarea bevat ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die slaapkamer en leefarea lei albei na die tuin.
Die tuinkothuis bied slaapplek aan 4 mense in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en toilet. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat stort en toilet. Die ruim leefarea is oopplan met die volledig toegeruste kombuis en die eenheid het sy eie privaat tuin.
Four Fields is na aan verskeie wêreldklas dierreservate, ongerepte Blouvlagstrande, skilderagtige rivermondings en die antieke Nature's Valley-woud, verskeie voetslaanroetes, wynplase en die Kurland Polo-landgoed.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Ilze Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Four Fields Plaas, Roete 102, Die Crags, 6602, Wes-Kaap
- Gaste dink Four Fields Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Four Fields Plaas, Roete 102, Die Crags, 6602, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang