Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Frog Tree Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Godfreystraat 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Frog Tree Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 tuinkothuise in 'n rustige woonbuurt in Plettenbergbaai. Die kothuise is lekker naby die hoofstrand en Robberg se strand geleë.

Elke kothuis het sy eie tuin waarin daar 'n gazebo met 'n tafel en bankies is sodat gaste buite kan eet en 'n vuurput. Elke kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die sitkamer het 'n dubbelslaapbank of 2 enkelslaapbanke waarop 2 kinders of 2 volwassenes kan slaap. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, breekware, eetgerei en alle nodige toebehore om maaltye mee voor te berei. Daar is ook 'n waaier beskikbaar.

Die ateljee is geskik vir 'n paartjie, maar daar is ook slaapplek vir klein kinders op 'n slaapbank teen 'n ekstra koste. Die ateljee is 'n oopplan-slaapkamer en -sitkamer wat op die tuin kyk. Daar is 'n klein kombuisie met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskassie, kookgerei, eetgerei en breekware. Die badkamer is en suite. Daar is 'n sit- en braai-area buite. Die beddens kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep word.

WiFi is beskikbaar.

Frog Tree Cottages bied heelwat parkeerplek van die straat af. Daar is egter beperkte parkeerplek op die perseel self. 'n Wasgoed- en skoonmaakdiens is teen ekstra koste beskikbaar. Rook is verbode.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.1
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

LOIS Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Godfreystraat 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Frog Tree Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Godfreystraat 3, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5d28d393cae41e61d96227f33ef2d6cf9b62c6f755223007481ade4fae813c4e4eb232ad510f3029839125c71189f7cfb0d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 3 Godfrey Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.066058753891 23.371641813492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang