Fynbos
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Fynbos bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tuineenheid in die hartjie van die Paarl. Dit is ideaal vir 'n gesin of groepie vriende.
Dié eenheid is geskik vir 6 gaste en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gebruik die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele het. Die kombuis lei na die sitarea wat gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix het. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is 'n lekker binnehof met 'n tuin en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig agter 'n motorhuisdeur. Daar is ekstra parkeerplek langs die huis of in die straat.
Die eenheid se ligging is naby verskeie skole, hospitale en plaaslike besienswaardighede in die Paarl. Die Paarl is bekend vir pragtige wynplase, natuurtonele, koffiewinkels, die Afrikaanse Taalmonument en Paarlbergreservaat.
Daar word op die oomblik gebou in die erf agter die huis. Die bou ure strek van 08:00 - 17:00. Gedurende die tyd mag daar eksta geraas van die bou perseel af kom.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Juliana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 40
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Fynbos het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fabriekstraat 37, Paarl, 7646, Wes-Kaap