Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

G02 Les Mouettes

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Compensation Beach Road 96B, Les Mouettes G02, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

G02 Les Mouettes is op die seefront in Ballito en bied selfsorgverblyf aan 2 gaste.

Die oopplan-woonstel lei na 'n balkon en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n toonbank en 'n knus sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is beskikbaar. Die woonstel het ook 'n klein omsetter wat die TV en WiFi tydens kragonderbrekings aanhou.

Die balkon bied 'n uitsig oor die oseaan, en die gemeenskaplike swembad en braai-area. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Ballito bied pragtige strande met warm water, wat dit ideaal vir swem, branderplankry, lyfplankry, duik, visvang en meer maak. Gaste kan die restaurante en winkelsentrums besoek, asook besienswaardighede soos die King Shaka Heritage Route.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jone B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig, skoon, netjies en waarde vir geld. See is reg voor die woonstel. Ons het heerlik gebly in die oopplan woonstel met 'n heerlike stoep ...
Sien meer
Nov 2024
Yvette V
Saam met vriende
5.0
Rustige kuier. Baie lekker gebly teenaan die see. Rustig en mooi uitsig. Vervang net die stukkende vloerteël wat veiligheidsrisiko inhou, want kan voe...
Sien meer
Nov 2024
Anneke L
Saam met lewensmaat
5.0
Kos vir die siel. Dit was ongelooflik lekker wegbreek vir ons en die uitsig is fenomenaal. Kan nie wag om weer terug te kom nie.
Okt 2024
Suzette V
Saam met lewensmaat
5.0
Puik. G02 Les Mouettes is gemaklik met veilige parkering. Die eenheid was skoon en netjies en die uitsig asemrowend. Beslis 'n terugkeer kuierplek.
Okt 2024
Stefanie D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gerus, veilig en ligging is perfek. Baie lekker! Bespreek weer vir volgende jaar.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Natasha Geverifieer

Eiendomme 38

Resensies 197

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Compensation Beach Road 96B, Les Mouettes G02, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink G02 Les Mouettes het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Compensation Beach Road 96B, Les Mouettes G02, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA91f29ded56d38967ced98ee218e316c1e0b361eca36b3856657fb1e75f28ec37d07974d73547876d75fe57c6d691bbb2c4a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 40 5 1 5 96B Compensation Beach Road Les Mouettes G02 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -29.534411795817 31.222314884131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang