Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ganora Guest Farm & Excursions

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Ervaar ware Karoo-gasvryheid wanneer jy Ganora, 'n werkende skaapplaas sowat 7 km vanaf die wêreldbekende dorpie Nieu-Bethesda besoek. Nieu-Bethesda is in die voorheuwels van die majestueuse Sneeuberge geleë. Dit is net 60 km vanaf Graaff-Reinet in die hartjie van die Karoo. Die plaashuis en gastekothuise is versteek in 'n kloof wat deur eerstydse riviere in pre-historiese tye in die klipperige grond gekerf is. Die omliggende rotsformasies en fossielbeddings op die plaas is die bewys van die gebeure wat gelei het tot die vorming van hierdie enorme en pragtige landskap.

Verblyf word aangebied in B&B-kamers, 'n selfsorgkothuis en 'n boskampeerterrein vir 4x4-karavane en tente.

Die selfsorgkothuis, die Khoi San Kothuis, is ongekunsteld dog gemaklik en het slaapplek vir tot 6 gaste. Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitarea en 'n stoep met braaigeriewe.

B&B-verblyf word aangebied in die Ou Kraal wat standaard dubbel- of 2-enkelbedkamers bied, en The Shed wat groter dubbel- of 2-enkelbedkamers het. Elke kamer het 'n en suite-badkamer. Hierdie kamers, soos die kothuis, was destyds skaapkrale of steenkool- en enjinkamers. Nou bied hierdie kamers met hul dik, oneweredige klipmure gerieflike verblyf met ongekunstelde sjarme. Ontbyt is by die tarief ingesluit vir hierdie kamers.

Die groot boskampeerterrein het 6 staanplekke met elektrisiteit en 6 staanplekke sonder elektrisiteit. Hierdie staanplekke het braaigeriewe. Die ruim ablusieblok het warmwaterstorte. Gaste word aangeraai om 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte, 4x4 en/of 'n 4x4-karavaan te gebruik.

Maaltye kan op versoek voorsien word teen ekstra koste, en kan in die opstal se eetkamer, op die stoep, in die groot eetsaal of soms in die tuin onder die skadubome bedien word. Na aandete sal gaste een van die beste sterrekyk-geleenthede in die land kan ervaar. Daar is ook 'n swembad, plaas-reservoir en 'n plaasdam om in af te koel.

Ganora is 'n werkende merino-skaapstoetplaas, dus kan gaste kyk hoe die skape geskeer en aangekeer word. Kinders kan die hanslammers voer. Begeleide toere is beskikbaar om boesman-rotskuns te besigtig. Fossielpraatjies in 'n privaat museum, fossielwandelinge en medisinale plant-wandelinge kan ook gereël word. Avonturiers kan gaan bergfietsry, voetslaan, swem in die rivierpoele, voëlkyk of Kompasberg probeer uitklim. Gaste kan ook Nieu-Bethesda gaan verken, die Uilhuis en Camel Yard van Helen Martins besoek, die koffie- en kunsvlytwinkels verken of op 'n donkiekartoer gaan. Gaste sal ook die manjifieke Karoo-sonsondergange en die wye, oop ruimtes kan waardeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Antoinette V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige plaas ondervinding. Dit is 'n wonderlike plek! Almal is vreeslik vriendelik! Die plaas is 'n belewenis!
Des 2023
Jana S
Gesin met tieners
5.0
'n Spesiale Karoo-ervaring. Ons het heerlik gekuier by Ganora-gasteplaas! Hester, JP en hulle span gaan uit hul pad om 'n unieke Karoo-ervaring te bie...
Sien meer
Des 2023
Carla L
Gesin met tieners
5.0
N stukkie hemel met die mooiste sterre. N stukkie hemel met die mooiste sterre!
Des 2023
Kornel V
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi, netjies, vriendelik. Ons kom beslis weer kuier. Baie lekker gebly. Kamers mooi netjies, skoon en gemaklik. Staff en eienaars baie vriendlik. My ...
Sien meer
Des 2023
Mimi D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Dit is 'n pragtige, rustige plek waar mens goed kan uitrus.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 78

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ganora Guest Farm & Excursions het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ganora Plaas, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1ZDFiNWYyLWVlMzItNDJhYy1iYzBhLTdlMzcyOTdiZGYwNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 Ganora Farm Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.854729824151 24.59270156945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang