Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gemsbokfontein Gasteplaas

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.2
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.2
Mandy F
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Dit was heerlik, die verblyf was skoon en netjies. Sal beslis weer daarin boek. Dankie Rochelle vir jou hulp, regtig uit jou pad gegaan om te help.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Thanks Mandy. Appreciate your fantastic review. You were excellent guests.

Pieter G
1 nag
5.0
Jan 2025

It was a nice experience, thank you. It was comfortable and relaxing. We have travelled with our pets, and I made a suggestion that a fenced-off area should be implemented, seeing that the place is advertised as pet friendly. You cannot leave your dogs to roam around for free; they will flee into the field. So a fenced-off area will work wonderfully; then you can leave your dogs there with a peaceful heart, knowing that they can walk freely without escaping while you relax inside your sleeping area.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Thank you for the nice and positive review. Come again. You were excellent guests.

Riaan S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Rustig stil oop. Vinnige vriendelike ontvangs. Lekker stil met alles wat nodig is. Great as jy met honde ry, genoeg plek vir bene rek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Baie dankie vir jou mooi en positiewe review. Ek waardeer dit, en julle was sulke oulike gaste. Kom gerus weer.

Ilse B
1 nag Gesin met tieners
4.8
Jan 2025

Dit was goed, dankie. Als was goed, behalwe dat die geadverteerde swembad nie daar was nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Ek het nie eers besef dit is as 'n swembad gelys nie, ongelukkig is daar net 'n doodgewone plaasdam. Gelukkig was daar darem lekker lugreëling wat die afkoel kon doen.

Rinette C
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2025

Rustige, stil oorslaap plek. Ons het baie lekker gebly. Goeie nagrus gehad. Lugversorging was 'n redding na ses ure se ry in plus 40°.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Ek is bly julle het lekker gebly. Gaste soos julle is altyd weer welkom.

Rinette C
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2025

Netjiese, skoon en veilige oornagplek om by stil te hou. Was 'n aangename verrassing om by Gemsbokfontein aan te land. Kleinkinders het die plaasdiere vreeslik baie geniet, selfs 'n klein lammetjie vasgehou.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Hi Rinette, dit was net 'n plesier om julle te ontvang. Baie bly die kinders het dit geniet. Julle is enige tyd in die toekoms welkom om te kom kuier. Groete, Marina

Riaan H
1 nag Saam met vriende
3.0
Jan 2025

Verwyder die condo van die listing, of opdateer die beskrywing. Ons het die condo bespreek omdat ons twee paartjies is wat saamgereis het. Volgens die beskrywing sou dit gepas wees vir ons vereistes. Die beskrywing van die badkamers en kamers t.o.v. die condo is heeltemal verkeerd. As ons dit geweet het, het ons nie daar geboek nie. Daar is geen en suite badkamer vir die boonste kamer nie. Die persone wat in die boonste kamer slaap, moet of deur die slaapkamer van die ander paartjie loop om by 'n badkamer uit te kom, of jy moet by 'n deur op die grondvloer (nadat jy reeds by die ander kamer moes verbyloop) uitgaan, by die kombuis ingaan, deur die kombuis na die tweede badkamer. Daar is ook geen deur tussen die tweede badkamer en kombuis nie, en ook geen deur tussen die slaapkamer op die grondvloer en die kombuis nie. Hierdie eenheid, soos hy is, is nie geskik vir meer as een paartjie nie. Waterdruk is baie laag, beddens nie die beste nie. Ons het dit oorweeg om dorp toe te ry en ander slaapplek te gaan soek. Maar die host het onverwags opgedaag, ons het ons probleem verduidelik, en sy het ons een van die ander eenhede ook laat gebruik teen geen ekstra koste - dankbaar daarvoor.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Bly ek kon julle nog 'n eenheid bygee ten einde dit vir julle aanvaarbaar te maak.

Eppo B
1 nag Gesin met tieners
2.2
Jan 2025

Mooi ligging maar die 7 bed eenheid is onprakties en nie soos aangedui. Die verblyf is op 'n mooi plaas maar dis al. Die 7 bed eenheid wat eintlik net 6 slaap is onprakties uitgelê en bied geen privaatheid nie. Daar is 'n badkamer met toilet reg langs die kombuis met geen deur nie! As jy skottelgoed was (met slegs 'n koue kraan) kan jy in die badkamer inkyk en die toilet sien. Die onderste slaapkamer grens ook aan die klein kombuis en het ook nie 'n deur nie. Die 4 persone wat op die tweede vloer slaap moet of met die trappe af buite toe gaan en by die kombuis deur ingaan om by die badkamer uit te kom of deur die onderste slaapkamer loop na die kombuis toe of die onderste badkamer gebruik wat ook nie 'n deur het nie. Die boonste kamer se matrasse is deurgeslaap! Daar is net 4 stoele by die buite braai area.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Baie dankie vir al die praktiese wenke. Ek waardeer dit.

Danie R
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Uitstekende plekkie, voorwaar waarde vir geld. Wonderlike ondervinding, was lekker om so in die plaas tussen bok en skaap te bly. Die gasvrou is baie vriendelik en het ons hartlik verwelkom. Die plekkie is pragtig en ons het baie lekker daar oornag. Doen so voort.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Kom gerus weer, was lekker om julle hier te ontvang.

Ina V
1 nag
4.8
Jun 2024

Heerlike cosy wooneenheid. Heerlike verblyf. Skoon en netjies plek om 'n skaapplaas. Slaapplek vir baie gaste. Beslis die moeite werd om deur Britstown te ry en op die plaas te gaan slaap. Let wel die eenheid het bad en nie 'n stort nie, maar na 'n lang dag was dit 'n heerlikheid om die dag aftesluit.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marina
Gemsbokfontein Gasteplaas
Baie dankie, Ina. Dit was lekker om jou hier te ontvang.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Marina Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 10 maande

Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gemsbokfontein Gasteplaas, Britstown, 8782, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0ed6e948f4120c9e7166cf928bde4b9bce7b094375dfd849dc70e3fcb77265b29cb8382e047cb923740487c53333be1a2a28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Gemsbokfontein Gasteplaas Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.579203695025 23.478331890807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang