Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gerald Street Self-catering

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geraldstraat 30, Glen Hurd, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R595 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Gerald Street Self-catering is 'n tuinkothuis op die eienaar se perseel in Glen Hurd, 'n stil woonbuurt in Gqeberha (Port Elizabeth).

Dié tweeslaapkamerkothuis het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. 'n Ekstra matras kan in die tweede kamer gevoeg word, soos op die foto's. Die badkamer het 'n aparte bad en stort.

Die ruim kothuis het 'n oopplan-kombuis en woonkamer. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n stoof, yskas-vrieskas, lugbraaier en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n sitarea met gerieflike sitplek en 'n TV, en 'n binnebraai met die nodige braaigereedskap. 'n Omsetter is beskikbaar en sal die WiFi en TV gedurende beurtkrag aan die gang hou.

Gerald Street Self-catering het 'n swembad vir die somermaande en daar is 'n onderdak parkeerplek op die perseel vir 2 voertuie. Die eienaars se kinders en troeteldiere is vriendelik en goedgemanierd.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ryan A
Gesin met klein kinders
5.0
Comfortable and spacious. A very comfortable, spacious, lovely place to stay. It will become our regular spot!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Elize H
Gesin met tieners
5.0
Baie gerieflik en netjies. Die woonstel was baie gerieflik ingerig met alles wat mens nodig het.
Apr 2024
Delia A
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik oornag. Ons het net vinnig oornag oppad na ons eindbestemming wat te ver was om een slag met 'n 2-jarige te reis. Ons het baie laat daar aange...
Sien meer
Okt 2023
Lizette W
Gesin met klein kinders
5.0
Baie gerieflik vir 'n gesin van 4. Die huis was baie gerieflik vir my gesin. Vanaf TV/kombuis oop plan tot en met die slaapkamers. Veilige parkeerarea...
Sien meer
Sep 2023
Michael S
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay. Well equipped and great family stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Tessa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 50

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Geraldstraat 30, Glen Hurd, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink Gerald Street Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R595
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R595
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geraldstraat 30, Glen Hurd, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1YmJlN2NjLWEzZDEtNGI0Ni05ZTVjLTE1MzYxNTJiNzhiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R595 per nag (plek vir 4) 39 5 1 5 Gerald Street Glen Hurd 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.955823591796 25.566073182526

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang