Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Golden Cove

Selfsorg

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.2
Veiligheid
4.8
Adri D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Rus en stilte tussen die asemrowendste natuurskoon. Ons het heerlik gebly met alles wat ons nodig gehad het en nog meer. Baie dankie dat ons julle plekkie met julle kon deel. Ons kom kuier beslis sommer gou weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ellen D
Kort verblyf
5.0
Sep 2024

Belewenis. Golden Cove is tops!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marié M
Kort verblyf
5.0
Jul 2024

Lekker, rustig, skoon en beeldskoon. Ongelooflik lekker gebly, baie netjies en baie mooi. Dit het verwagtinge oortref.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alex M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Mrt 2024

Peaceful breakaway with the family. Beautiful views. The garden (in parts) was a little neglected.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Suzanne M
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Jul 2024

Buiten Luzelle se swak diens, heerlik. Ons het heerlik by Golden Cove in Clarens gekuier. Die huis was tops en ons sal baie graag weer daar wil bly as ons in Clarens gaan kuier. Alles was skoon en netjies en die fasiliteite veral die wasmasjien was 'n baie groot hulp en bederf. Baie dankie. Daar is wel een kwessie wat ons wil aanspreek. Die agent wat ons moes ontvang nl: Luzelle van Uvongo Holidays, het uiterste swak diens gelewer. Sy het versuim om die breekware deposito betyds aan te stuur en gebruik toe die verskoning dat die telefoonnommer verkeerd was, dit is egter onwaar. Nadat ek haar geskakel het en gevra het om dit aan te stuur, het sy versuim om so te doen. Na 'n tweede versoek het sy my in kennis gestel dat sy dit nog nie gedoen het nie en ons sukkel om haar telefonies te kontak omdat sy uiters besig is en baie belangrike oproepe moet neem. Die e-pos en dokumentasie is aan my gestuur net voor 1 die middag op die dag wat ons moes inboek. Toe ons vriende aankom, het sy hulle toegang geweier omdat die deposito en dokumentasie nog nie ontvang was aan haar kant nie. Dit is moeilik as mens reis en op pad is om e-posse te druk en in te vul. Ons het toe reeds al die bewys van betaling asook die dokumentasie via e-pos en WhatsApp gestuur. Sy was weereens op 'n baie belangrike oproep en kon nie help dat ons suksesvol inboek nie. Intussen staan ons voor 'n toe deur. Sy het ook gereken dat daar baie tyd was om die betaling en dokumentasie te stuur. Vakansiegangers reis natuurlik almal met printers, scanners en rekenaars. Na baie ongelukkigheid is ons toe in. Met die uitboek was dit weer 'n situasie toe sy die kontak vir ons moes stuur om die sleutel te oorhandig. Luzelle is verseker nie 'n goeie beeld vir julle besigheid nie en ek stel voor julle ondersoek die saak. Ek sal verseker nie weer met Luzelle te doen wil hê nie. Ons is ook meegedeel dat baie ander kliënte ook al oor haar gekla het.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annele D
Kort verblyf
5.0
Jul 2023

'n Ongelooflike aangename ervaring in 'n netjiese tuiste weg van jou eie tuiste. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Luzelle Geverifieer

Eiendomme 19

Resensies 127

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf R1 532
R1 532 R1 379
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 532
R1 532 R1 379
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Collett-straat 52, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc044baceca7fec78891fc459872714dc62cbf5c648c084f7fffbd608be6fd9daad95cc5b4575f81593f00d39ce050e71bd48?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 532 nouVanaf R1 379 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 52 Collett Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.517735030378 28.411614442328

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang