Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gouritz Valley

Selfsorg

Resensies

3.5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Goed

Netheid
3.3
Ligging
3.6
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.8
Veiligheid
4.0
Angelica B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2023

Was die lekkerste plaasatmosfeer, lieflike huise, skoon, netjies, eienaar se finesse vir die outydse meubels. Moet sê waarde vir geld, sal definitely weer by julle boek, Gouritz Valley, julle is tops. Waarde vir geld 100%.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jezile T
Lang verblyf Saam met vriende
4.0
Des 2023

Better. We enjoyed every bit of our stay. We met Karl, who is a darling and helped us all the way. Thanks to the owner. The only thing is the network - some could get it, others none until you go out of the farm. Other than that, we enjoyed the quietness of the farm. Thanks to all that were involved in our stay. There were 10 adults and 6 kids in Regina, and we had a ball.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Chris H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Des 2023

Baie rustig en lekker. Baie lekker in 'n rustige omgewing. 10 km vanaf Gouritzmond en winkeltjies.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Charlotte S
Kort verblyf Gesin met tieners
2.2
Jan 2023

Plek het baie potensiaal - maar hulle moet meer duidelikheid gee oor units en verblyf. Ons het betaal vir huis Tarantaal wat geadverteer is as 'n 6-mense eenheid. Dis nie wat jy kry nie. Dit is nie huise of losstaande eenhede nie, dit is kamers. Huis Tarentaal slaap 2 mense en daar is ook 'n enkelbed, maar dit het nie beddegoed op gehad nie. Ons ander 2 mense is in 'n aparte eenheid van ons gewees. Dan is hier nie braaiplek soos geadverteer is nie, hul het wel vir ons 'n los braai gebring. Dan adverteer hul hul voorsien handdoeke, wat ook nêrens is nie. Die eenheid was skoon, maar daar was baie spinnekoppe ens.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Herman R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2021

Stil en rustig. Perfek vir naweek reisiger. Alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Rea
Gouritz Valley
Baie dankie Herman, ons waardeer die positiewe gradering. Groete Gouritzvalley

Lize B
Kort verblyf
4.2
Des 2021

Hoë potensiaal. Perfekte ligging. Onervare bestuurder. Die blyplek is perfek vir iemand wat die Tuinroete doen en wat 'n lekker huis soek vir 'n groep gesinne. Naby aan meeste plekke en baie toeganklik. Die kuierarea is perfek om lekker in die aande te sit en kuier. Daar was wel details wat gepla het, soos toegevriesde yskaste, effens vuil huis (maar mens is op 'n plaas so mens verstaan) en krane wat slegs warm water gooi. Oor die algemeen het ons lekker gebly, maar ons bespreking was 2 keer geskuif. 1 keer a.g.v. van 'n dubbelbespreking en 1 keer a.g.v. konstruksie wat plaasvind. Overall, mis die bestuurder finesse. Die reëls rondom die verwagtinge (soos skottelgoed moet alles gewas wees op die laaste dag) was nooit deurgegee nie. So maak net dubbeld seker oor wat van jou as reisiger verwag word.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Rea
Gouritz Valley
Baie dankie vir die positiewe graderings. Baie welkom om weer te kom kuier. Groete Gouritzvalley .

William P
Kort verblyf
2.8
Des 2021

Nie geskik vir 6 volwassenes nie. Uitlegging van eenheid nie geskik vir 6 volwassenes nie. Toiletgeriewe laat dalk toe vir volwassenes met eie kinders. Eerste oggend slegs genoeg warm water vir twee persone om te stort. Kussings vir slaap nie voldoende nie. Geen warm water in die kombuis. Braaigeriewe nie op standaard. Parkering nie duidelik aangedui nie. Google location nie akkuraat nie.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Rea
Gouritz Valley
GV Akkommodasie is baie jammer dat jull verblyf hier by ons so aaklig was.

Gert K
Kort verblyf Saam met vriende
1.0
Des 2021

Die wooneenheid was nie op standaard vir die prys was ons moes betaal nie, daar was ook 'n dubbel bespreking. Ons is in 'n ander eenheid gesit. IT. Dit was vuil buite om die gebou met bourommel en vol blare, gras lank. Mure binne en buite vol damp kolle, verf dop af. Mikrogolfoond vuil met ou gesmelte kaas in. Bedbugs, almal is vrot gebyt deur vermoedelik weeluise. Ons moes maar doom spuit. Ek kan foto's stuur as u wil sien. Beslis nie wat op foto's was nie. Buitelig by braai werk nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Erna V
Lang verblyf Saam met vriende
3.8
Des 2020

Heerlik en rustig. Met so 'n klein bietjie ekstra detail, kan dit 'n wonderlike blyplek wees, veral vir mense wat lief is vir die plaas.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Rea
Gouritz Valley
Hi Erna, Baie dankie vir die 5 sterre ..vir veiligheid...ons hier by Gouritz Valley werk al vir jare aan die veiligheid aspek. En ook baie dankie dat julle , ons gekies het..om jul vakansie ..te kom geniet. Warm Groete GV AKKOM.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.5/5

Rea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 73 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R325, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa305a4fd075131c43830157ba893e3543edc3cd24fbb953f370e937792f9ede2305829010c73f2dfa42b024aaa8271a938f4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 9 5 1 4 R325 Gouritz 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.28177402714 21.777284370502

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang