Harbour Lights
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg Oos-straat 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 13)
Beskrywing
Harbour Lights bied ruim selfsorgverblyf aan tot 13 gaste in Struisbaai net 200 m van die strand en Struisbaai Hawe af.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 en suite-slaapkamers, ’n kombuis, eetarea en ’n ruim sitarea. Die een kamer het ’n dubbelbed, enkelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n toilet. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed, stapelbed en ’n en suite-badkamer het ’n bad, stort en ’n toilet.
Die derde slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n toilet. Die vierde slaapkamer het 3 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n toilet. Die laaste slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolf, diepvrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook ’n skottelgoedwasser en ’n wasmasjien.
Gaste kan hul etes by die etenstafel geniet of in die sitarea ontspan wat ’n slim-TV bevat. Gaste is welkom om hulle eie DStv en Netflix met behulp van die WiFi te kyk.
Die eetarea verdieping lei na ’n ingeboude braai-area met ’n uitsig oor die see en die hawe. Gaste moet asb. hul eie braairooster saambring.
Struisbaai spog met verskeie doendinge, soos visvang, kajakvaart, branderplankry en sweefski. Gaste kan ook na die pylsterte in die hawe gaan kyk en walviskyk tussen Julie en Augustus. L'Agulhas is 4 km van Struisbaai af, waar die Quoin Point-vuurtoring is en verskeie voetslaanroetes soos die Spookdraai Voetslaanroete of die Rasperpunt Voetslaanroete is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Stefan Geverifieer
Eiendomme 39
Resensies 140
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Kusweg Oos-straat 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Harbour Lights het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg Oos-straat 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang