Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hemel N Aarde Stud

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R320, Plaas 21, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hemel N Aarde Stud bied selfsorgverblyf op 'n prentjiemooi, werkende stoetplaas in die pragtige Hemel-en-Aarde-vallei tussen Hermanus en Caledon. Die Babylon Tower-bergreeks vorm die agtergrond van die huis met 'n uitsig oor die Hemel-en-Aarde-vallei onder dit.

Verblyf word aangebied in Deluxe-kamers, Superieure Bungalow en Casey Tibbs Bungalow met slaapplek vir 2 gaste. Die Deluxe-kamers het elk 'n privaat ingang en gemaklike beddens. Elke kamer het 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het ook 'n lessenaar, sitarea en 'n platskerm-TV met DStv-kanale. Elke kamer het ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kamers het ook stoepe met buitemeubels en gasbraaigeriewe. Gaste wat in die Deluxe-kamers bly het toegang tot 'n stoeparea en hul eie houtvuurwarmbad.

Die Jay Peg en Casey Tibbs Bungalow het 'n oopplan-slaaparea, sitarea en kombuisie. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n kaggel. Die privaat dek buite elke eenheid het 'n gasbraai en 'n privaat houtvuurwarmbad. Die Casey Tibbs Bungalow het ook 'n losstaande bad op een van sy privaat dekke.

Gratis WiFi en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gaste kan die pragtige berguitsig geniet en oor die perde se kampies uitkyk. Gaste is ook welkom om op die plaas te gaan stap, of 'n bergfiets saam te bring en die roetes van die area te gaan verken. Die naaste strand is ongeveer 15 km vanaf die plaas. Die Hemel-en-Aarde-vallei is bekend vir sy wynroete met 14 wynplase om te besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Tyron P
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely amazing. Perfect getaway for a peaceful time. The views were absolutely amazing, especially when chilling in the hot tub. Hi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Carlaine R
Saam met lewensmaat
5.0
Sprokiesmooi! Pragtige bungalow met die mooiste perdestoet wat wei in die veld terwyl jy die kolkol bad kan geniet. Bekorende omgewing en 'n heerlike ...
Sien meer
Jun 2024
Charnré C
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, berge, perde en plaas, rus vir die siel. Dit was fantasties, 'n pragtige plek, vriendelike personeel wat uit hulle pad gaan vir jou.
Jun 2024
Hanri D
Saam met lewensmaat
5.0
As jy opsoek is na rus vir jou siel is hierdie die plek! Heerlik gebly, die toilet spoel net nie skoon nie, bietjie gesukkel met dit.
Des 2023
Tracy D
Gesin met klein kinders
4.8
Definitely so worth it! Absolutely stunning place. We had a lovely time at Hemel & Aarde. Especially the beautiful mountain views. The ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Langs die R320, Plaas 21, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hemel N Aarde Stud het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R320, Plaas 21, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5b322a82aa24e8f4b4c41e0d8cd36826fe72be01857eb102b15f9a5afa69631df5a5623456774562cc58920ad526ceb9bb20?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 Off the R320 Farm 21 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.350693026961 19.259338766812

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang