Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Heights Villa

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Hermanus Heights Villa is 'n selfsorghuis met slaapplek vir tussen 2 en 8 mense in 'n stil, luukse area van Hermanus. Daar is asemrowende uitsigte oor Walkerbaai vanaf alle kamers, insluitend die leefarea. Die akkommodasie bestaan uit 2 eenhede waarvan 1 op die boonste vlak is en die ander op die onderste vlak wat saamgevoeg kan word vir groter gesinne of groep vriende.

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers en 2 badkamers, elk met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Hierdie vlak is rolstoelvriendelik. Een van die badkamers het 'n inrolstort met stutstawe en geen drumpel nie. Daar is geen trappe nie en daar is genoeg spasie om 'n rolstoel regdeur die eenheid te maneuver.

Die onderste vlak bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers, waarvan 1 'n bad, wasbak en toilet het terwyl die ander 'n stort, wasbak en toilet het. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het 2 enkelbeddens. Die onderste vlak het 'n kombuis met 'n groot yskas-vrieskas-kombinasie, gasstoof met oond, mikrogolfoond en skottelgoedwasser.

Die huis is op een van die hoogste eiendomme teen die Raed na Gael-berg geleë en het 'n asemrowende uitsig oor Walkerbaai. Walvisse kan gedurende die walvisseisoen vanuit die huis gewaar word. Die huis is in 'n stil, luukse residencia-area geleë.

Besienswaardighede en doendinge binne sluit walviskyk, stap op die kuskranspaadjie, gholfspeel, Fernkloof Natuurreservaat, Hemel en Aarde-vallei, strande, kos- en handwerkmarkte en feeste asook 'n wye verskeidenheid restaurante en koffiewinkels in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 40 resensies vir Hermanus Heights Villa
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gillian Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Heights Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Raed-Na-Gaelstraat 37, Hermanus Heights, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzwdqFMyPVWNPgzzWQZjWYhdZu5GPUO3An6FhDcLohDLTmkqQ2F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 5) 40 5 1 5 37 Raed na Gael Hermanus Heights 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.401935525424 19.254946271164

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang