Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Whale View - Beach Front Cottage

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Aug 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whale-singel 10, Whale Rock Estate, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 480 R2 958 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Hermanus Whale View - Beach Cottage is 'n huislike selfsorgkothuis op die Whale Rock Estate net 3 km vanaf Hermanus se middedorp af. Dié kothuis is slegs 20 m van die see en en bied 'n panoramiese see-uitsig.

Die kothuis is stylvol versier en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea en 'n dek.

Die eerste slaapkamer het 'n see-uitsig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Gaste kan met die geluid van branders aan die slaap word en 'n koffie in die bed met pragtige uitsigte geniet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n tuinuitsig. Die kamer maak gebruik van 'n badkamer oorkant die gang wat 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak het. Daar is oorgenoeg kaste en linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n oopplan-kombuis en -eetarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n koffiemasjien, eetgerei, breekware, potte, panne, 'n elektriese oond, vierplaatstoof, 'n gas opsie, mikrogolf, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Gaste kan 'n pragtige uitsig vanaf die L-vormige bank in die sitarea geniet. Daar is 'n 43" platskerm-TV met 'n DStv-pakket en vinnige, onbeperkte WiFi. Die kothuis het 'n omskakelaar. Daar is 'n stoep met 'n panoramiese see-uitsig en Weber-braai, gaste sal ook walvisse hier sien in seisoen. Die stoep het ook 'n piekniektafel waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet.

Die landgoed met 'n soutwaterrotspoel, 'n vlak swembadjie, muurbalbaan, voetslaanpad op die strand en 'n muntaangedrewe waskamer. Daar is 2 gratis parkeerplekke langs die kothuis, asook 'n gasteparkeerplek. Die landgoed het 24 uur-sekuriteitswagte, patrolleerdienste en elektriese omheining. Daar is ook 'n alarmstelsel in die kothuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Peter H
Saam met lewensmaat
5.0
Unbelievable. Will go back. Fantastic view with every thought taken for guest comfort and relaxation. Lovely cottage, clean and well-st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Corna B
Saam met vriende
5.0
Alles wat jy nodig het en meer. Ons het baie lekker gebly.
Jul 2024
Neaglen V
Gesin met tieners
5.0
Fantansties, goeie vakansie destinasie. Die verblyf was so uitstekend. Die see, die branders was fantasties. Sal weer daar bly.
Mei 2024
Sue S
Saam met vriende
5.0
Stunning. Amazing place. Will go back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2024
Melisse W
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend, van die mooiste plekke ooit, ek gaan definitief weer. Ek sal beslis mense aanraai om bespreking te maak, awesome view, baie netjies, besli...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Samantha Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 54

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Whale-singel 10, Whale Rock Estate, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Whale View - Beach Front Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 480
R 3 480 R 2 958
per nag, vir 4 mense
Vanaf R3 480
R 3 480 R 2 958
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whale-singel 10, Whale Rock Estate, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa3fb01f680fe7ac49a3c9f6318a5c4f6c0c55a7b55355e44508ce02f168c858bbaf12bdc9206e7a154fc54025756cfed746b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 480 nouVanaf R2 958 per nag, vir 4 mense 16 5 1 5 10 Whale Close Whale Rock Estate, Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.436717203159 19.219646261798

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang