Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hezekiah Guest Farm

  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hezekiah Guest Farm is sowat 15 km buite Mbombela (Nelspruit), in die skilderagtige Alkmaar-streek, geleë. Hierdie wildsplaas word besit en bestuur deur die Coetzee-familie. 'n Gedeelte van die plaas word gebruik as 'n kommersiële boerdery, op kleinskaal. Die ander deel is 'n wildsplaas.

Al 4 die eenhede is naby die dam en bied fantastiese uitsigte oor die omliggende omgewing. Dis ook baie veilig. Elke eenheid het 'n TV met DStv en lugversorging. Die oorspronklike kothuis van klip bestaan uit 2 gemaklike slaapkamers met dubbelbeddens. Die kothuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas, drieplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Alle potte, panne, breekware en eetgerei word voorsien.

Die 2 eenhede van hout is baie gewild! Beide eenhede is volledig toegerus vir selfsorg, en het 'n yskas, vrieskas, elektriese stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, potte, panne, breekware en eetgerei.

Hier sal jy 'n hele aantal wildsbok-spesies soos die koedoe, njala, impala, klipspringer en duiker aantref. Die ryk voëllewe sal jou ook bekoor. Hier is 'n magdom plaaspaaie vir motorfietsryers, voetslaners en bergfietsryers beskikbaar. Die dam is geskik vir varswaterhengel op 'n vang-en-vrylaat-basis. Daar is ook 'n trapboot met sitplek vir 4 gaste beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 95 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Eddie C
Saam met lewensmaat
5.0
It was great and will return to visit again. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Wayne R
Saam met vriende
5.0
Incredible, very well maintained, management/staff very welcoming! See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Burgher P
Gesin met klein kinders
5.0
Onverbeterlike ervaring. Het al 'n paar keer hier gebly en kan dit vir enige iemand aanbeveel. Die totale verblyfervaring is presies wat ek en my gesi...
Sien meer
Apr 2024
Henda P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker, rustig en afgesonder. Wat 'n juweel! Die klipkothuis is 'n regte boshuisie. Tussen voëlgesang en njalas en blesbokke wat kom kuier, is on...
Sien meer
Mrt 2024
Monika R
Saam met vriende
5.0
Gemaklike verblyf op pragtige plaas net buite Nelspruit. Pragtig, rustige omgewing met gerieflike verblyf.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 95

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Hezekiah Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 137, Alkmaar, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg3MWJmZDgxLTAzYmMtNDNmYy04MTQ5LTQ4MGIwYTFiM2I0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 95 5 1 5 Farm 137 Alkmaar Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.455340732676 30.855123996735

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang