Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hillside Village Fernkloof

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fernkloof-rylaan, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R14 375 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Hillside Village Fernkloof is 'n lieflike vakansiehuis op Hermanus se eksklusiewe Hillside Estate met 'n uitsig op die berge en oor die see. Die landgoed spog met 'n gholfbaan wat vanaf die dubbelverdiepinghuis gesien kan word.

Die vyfslaapkamerhuis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 4 kinders. Daar is 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens en elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer dien as 'n kinderkamer en 'n speelkamer en het 2 stapelbeddens, 'n rusbank en 'n TV. Dié slaapkamers deel die ander 2 badkamers wat bad- en stortgeriewe het. 'n Paar van die slaapkamers lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die gholfbaan.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, waterhouer en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 9, 'n sitkamerstel voor die kaggel, 'n TV met DStv en 'n kroeg.

Die boonste verdieping lei na 'n toegeboude balkon met 'n uitsig oor die binnehof en swembad, en het 'n buite-etenstafel. 'n Tweede balkon met 'n uitsig oor die gholfbaan het ook 'n sitarea en 'n ingeboude braai. Op die onderste verdieping is daar ook 'n stoep met gemaklike sitplek en gasbraaigeriewe, en dit lei na die swembad.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Top Destinations Geverifieer

Eiendomme 100

Resensies 418

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Fernkloof-rylaan, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 14 375
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 14 375
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fernkloof-rylaan, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA254b10962153a90c9dca8195cd8dba3e9a77e7d7749a00332810be6c898fba4b6a3125731a0811e5f5a7d52548859a203d94?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R14 375 per nag (plek vir 10) Fernkloof Drive Hermanus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.402574726632 19.257638156731

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang