Hluhluwe Gate Safari Camp
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: P453-weg, Hluhluwe Imfolozi Park Suroundings, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hluhluwe Gate Safari Camp bied gerieflike oornagverblyf met 'n uitsig oor die Umfolozi Wildreservaat. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek vanaf die stadsgewoel.
Die eiendom bied gaste 'n keuse van 'n Gesinseenheid, 'n 2-Enkelbedkamer of 3 Dubbelkamers met 'n berguitsig. Die Gesinseenheid het 'n koninggrootte-bed, 'n driekwartbed en 'n stapelbed. Die 2-Enkelbedkamer het 2 enkelbeddens en die 3 Dubbelkamers het 'n koningingrootte-bed elk. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring. Verder is daar 'n yskassie, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Die kamers het geen kookgeriewe nie, maar daar is 'n gemeenskaplike kuierarea met 'n volledige kombuis. Verder is daar 'n sitarea, 'n kroegarea, asook braaigeriewe vir gaste om te geniet. Gaste kan ook rondom die vuurput kuier en die sonsondergang oor die Umfolozi Wildreservaat geniet. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die lodge is 'n kort entjie se ry vanaf Umfolozi Wildreservaat wat dit ideaal maak vir gaste wat op wildritte wil gaan.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Musa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- P453-weg, Hluhluwe Imfolozi Park Suroundings, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hluhluwe Gate Safari Camp het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: P453-weg, Hluhluwe Imfolozi Park Suroundings, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal