Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Honne-Pondokkies

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 52 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 18, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Vanaf R450 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Honne-Pondokkies is in die klein dorpie Hondeklipbaai aan die Namakwalandse kus geleë. Hier is vrede en rustigheid 'n leefwyse. Gaste kan kommervry in die strate rondloop en al langs die 14 km lange kuslyn wandel. Die Honne-Pondokkie is sowat 300 m van die strand af.

Akkommodasie word in 8 selfsorg-eenhede met uitsigte oor die oseaan van die stoepies af of by die kampeerplek aangebied. Daar is 7 eenhede met TV's met sekere DStv-kanale. Elke eenheid het ook 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n braai-area by elke eenheid en 'n braaikamer vir reënerige dae.

Die kampeerplek bestaan uit 6 staanplekke met hul eie braaigeriewe, krane met lopende water, kragpunte en ligte. Daar is ook 'n gemeenskaplike ablusieblok.

Gaste kan 'n skemerkelkie op die stoep geniet terwyl hulle die pragtige sonsondergang aanskou. Daar is 2 groot bomas by die kampeerarea. Daar is 'n gemeenskaplike eetkamer waar 'n warm ontbyt teen 'n ekstra koste genuttig kan word.

Daar is ook 'n pragtige swembad en braai-area vir die genot van die hele gesin. Die kleinspan kan ook by die pretpark speel. Al 8 eenhede is troeteldiervriendelik, maar op gaste se eie risiko.

Hondeklipbaai is sowat 90 km op 'n grondpad van Garies af en 200 km van Springbok af. Petrol en diesel is in Koiingaas beskikbaar wat omtrent 22 km van Hondeklipbaai af is. Daar is 3 restaurante in hierdie bekoorlike dorpie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 295 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Steyn D
5.0
Als wat ons voorheen hoop het. Heerlike verblyf, skoon en netjies.
Nov 2024
Carien C
Saam met lewensmaat
5.0
Stil en rustige plek. Baie netjiese en skoon plek. Pragtige see-uitsig.
Sep 2024
Sue V
5.0
Spacious, clean with a stunning view. Enjoyed our stay at Honne-Pondokkies.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Sarel K
Saam met lewensmaat
5.0
Die kuier was alles wat ons verwag het. Baie lekker gebly. Naby die see, mooi uitsig. Alles was skoon en netjies. Baie goed toegerus.
Sep 2024
Sandra V
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut waarde vir geld. Baie netjies en skoon. Vriendelike ontvangs. Eenheid het alles in wat mens nodig het en alles werk.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Emdi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 336

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoofweg 18, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
  • Gaste dink Honne-Pondokkies het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 450
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 52 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 18, Hondeklipbaai, 8222, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA333aa2afe76fcadc5b49f395d14cac02baf506458d421f9b96145725e3311cb1ba0fefe117041fe6e7386832bbfb01a0d921?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450 per nag (plek vir 4) 295 5 1 5 18 Main Road Hondeklipbaai 8222 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.315312482424 17.278478512897

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang