Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hornbill House

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hemen & Aarde Village, Hoofstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 121 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hornbill House lê in die klein dorpie, Hemel en Aarde, halfpad tussen Hermanus en Onrus (Wes-Kaap, Suid-Afrika). Hornbill House het 4 selfsorgveblyf-opsies, 'n pottebakkersateljee, geskenkwinkel, kunsgalery en 'n restaurant. Dit alles maak van Hornbill House 'n baie lekker kuierplek.

Ons het 4 woonstelle: Jono, Cara, Tuin en Gesin. Jono en Cara het elkeen slaapplek vir 2 mense en is op die eerste vloer geleë. Gesin het slaapplek vir 6 mense (op versoek vooraf) en is ook op die eerste vloer geleë. Tuin het slaapplek vir 4 mense en is op die grondvloer geleë. Al die woonstelle het privaat badkamers met net storte, en sitarea en selfsorgkombuisies.

Jono (eenheid 1) en Cara (2) het 'n oop, gemeenskaplike braai-area en parkeerplek in die inrypad aan die straat se kant.

Tuin (3) het 'n privaat braai-area op die bedekte terras en parkeerplek agter 'n toe hek.

Gesin (4) het 'n binnebraai en parkeeprlek agter 'n toe hek.

Gaste kan sit en kyk hoe die kunstenaars kreatief verkeer in die pottebakkersateljee of rustig rondsnuffel in die kunsgalery en die geskenkwinkeltjie. By Honrbill maak ons ons eie wyn volgens die Garagiste-tradisie, ons wyn is besonder geurig.

Die Hornbill House restaurant, Source, is net die plek vir gaste wat 'n heerlike bord kos en 'n glasie plaaslike wyn wil geniet. Al 4 gevestigde restaurante in die omtrek is loopafstand vanaf Hornbill House. Hemel en Aarde se ligging is ideaal vir besoekers wat die vernaamste besienswaardighede in die omgewing wil besoek. Dit is ook die toegangspoort tot die Hemel en Aarde-vallei wat bekende is vir sy luisterryke wynplase.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Filipe B
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely & accommodating. It was lovely, clean & spacious. Can't complain at all!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Chantall Williams W
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful. Beautiful, very intimate place, was allowed to book in a bit earlier. The lady was very helpful and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Jaco V
5.0
Fabelagtige Hermanus. Honderde restaurante, koffiewinkels en soveel meer. Fantastiese akkommodasie.
Sep 2024
Nick K
Saam met lewensmaat
5.0
Great. A beautiful place we enjoyed every moment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Anel S
Saam met lewensmaat
4.8
Was ongelukkig kort want ons het net oornag om 'n troue by te woon. Baie netjies en gemaklik ingerig met 'n heerlike kuierstoep. Lieflike tuin. Uiters...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hemen & Aarde Village, Hoofstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hornbill House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 121
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 121
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hemen & Aarde Village, Hoofstraat, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMxMWU5NjFhLTBlYTgtNGI3My1iYmE2LWU1YTkwMmY3ZDY5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 121 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 Hemel & Aarde Village Main Road 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.410746813584 19.198849797249

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang