Huis Caput
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kwaaiwater-straat 2, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R5 976 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Huis Caput is 'n bekoorlike vakansiehuis wat na die see front in die gewilde kusdorp, Hermanus in die Overstrand. Dit is ideaal vir 'n groot gesinswegbreek of 'n groep vriende aangesien dit langs Skulpiesbaai en naby Heramus se gholfklub, Fernkloof, Langbaai en die Cliff Path geleë is.
Die dubbelverdiepinghuis is geskik vir 14 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en sesde slaapkamer het 'n enkelbed, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens, 'n dubbelbed en 'n koninggrootte-bed. Gaste in hierdie 5 slaapkamers deel 2 badkamers met bad- en stortgeriewe. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die beligte leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en langsaan is die sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die huis spog ook met 'n sonkamer wat na 'n stoep met 'n tafel, stoele en ingeboude braai lei. Die sitarea lei na 'n houtdek met buitemeubels waar gaste kan ontspan en die uitsig bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 757
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Kwaaiwater-straat 2, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kwaaiwater-straat 2, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang