Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ingwe Lodge And Game Farm

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 08:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 7PW2+Q6, Morgenzon, 2315, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ingwe Lodge And Game Farm is 'n pragtige lodge met verskeie aktiwiteite. Dit bied selfsorgverblyf wat ideaal is vir 'n groep vriende of 'n gesin.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede, naamlik die Lodge, wat die hoofhuis is, en Kudu, wat die gesinskamer is en Wittebrood.

Die lodge het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het ook 'n dubbelbed. Daar is enkelslaapbanke in die leefarea wat geskik is vir kinders, asook 'n stapelbed. Al die kamers in die huis deel 'n badkamer wat 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV, 'n kroeg en 'n binnebraai. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is 'n eetarea waar gaste saam kan eet.

Veilige parkeerplek word ook voorsien en daar is 'n verhitte swembad en 'n trampolien vir die kinders.

Kudu is 'n gesinskamer met sy eie ingang en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit is apart van die lodge. Die eenheid het 'n dubbelbed, 'n stapelbed en 'n TV. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer en alle linne en handdoeke word voorsien. Die eenheid het ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n braai-area en buitemeubels buite die eenheid.

Die Wittebrood-eenheid is ideaal vir paartjies of enige 2 gaste wat bereid is om 'n pragtige kamer met 'n koningingrootte-bed te deel. Die badkamer het 'n toilet, bad en 'n wasbak. Daar is ook 'n TV, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die eiendom kan ook vir funksies gebruik word en bied wildritte, wildkyk en visvang op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Wildritte
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 7PW2+Q6, Morgenzon, 2315, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 46 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 08:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 7PW2+Q6, Morgenzon, 2315, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA79ad9755cd4feb9db4e8e81355130eb170648077cb43f9fad738237cc5b21364f7fdb9ada9c8448e84f0d42d4aac19305979?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 7PW2+Q6 Morgenzon 2315 Mpumalanga 021 201 8901 08:00-17:00 11:00 -26.702986134063 29.700508117676

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang