Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jakaranda 18

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona-rylaan 2, Jakaranda 18, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Jakaranda 18 is 'n selfsorgwoonstel met 'n pragtige panoramiese see-uitsig en is op die boonste verdieping in die veilige Jakaranda-kompleks in Uvongo geleë, wat net 200 m vanaf die Uvongo-pier en swemstrand is.

Hierdie eenheid is smaakvol versier, bied slaapplek aan 6 gaste in 2 slaapkamers en daar is 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste, 'n dubbelbed, driekwartbed en bied direkte toegang tot die balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat bestaan uit 'n dubbelbed onder en 'n driekwartbed bo. Daar is 'n bad, stort, wasbak en toilet in die badkamer.

Die eenheid het 'n oopplan-kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, ensovoorts toegerus is.

Die kombuis lei na 'n ruim sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. Voorafbetaalde WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n lieflike balkon met 'n etenstafel waarom gaste hul maaltye saam kan geniet terwyl hulle die uitsig bewonder.

Die eenheid het 1 parkeerplek naby die voordeur en daar is gasteparkeerplek in die kompleks beskikbaar. Die kompleks word met 'n elektriese heining omhein met 'n hek wat met 'n toegangskode werk. Verder kan gaste die gemeenskaplike braai-geriewe benut, in die groot tuin stap en kinders kan in die speelarea speel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Petrus K
Gesin met tieners
5.0
Awesome. Ons het die tydjie vreeslik geniet by Jakaranda 18!
Jun 2024
Anthea M
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome! We totally loved the sea view from the balcony! Th place is within walking or a short drive's distance from most amenities and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023
Dr Callie V
Saam met vriende
4.4
Verblyf geniet. Puik uitsig. Veilige omgewing.
Jun 2023
Onica G
Gesin met klein kinders
4.4
Heerlike wegbreek. Skoon en veilige area. Perfekte ligging, naby verskeie strande en winkels. Kon net die see hoor en sien, geen verkeer.
Mei 2023
Johan B
Saam met lewensmaat
4.4
Baie mooi uitsig. Die woonstel het 'n baie mooi uitsig oor die see, die wooneenheid is mooi skoon, naby alles en baie gerieflik. Sal beslis weer gebru...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anneriké Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Lilliecrona-rylaan 2, Jakaranda 18, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Jakaranda 18 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona-rylaan 2, Jakaranda 18, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1cc1578fb6269a97e3753960dc2cf0abf96e42b8653810f30e83fac2ceaa6ab3abc4b9d6fcb4ab8b03f50ba2a3d8a23b993d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 2 Lilliecrona Boulevard Jakaranda 18 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.838441869619 30.394273308431

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang