Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Champagne Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 213, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hermanus Champagne Accommodation is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gemalike oornagplek naby besienswaardighede op die Suidkus-walvisroete.

Verblyf bestaan uit 6 kamers wat uniek en stylvol versier is. Die verblyf is net 'n paar minute se stap vanaf die middedorp van Hermanus met manjifieke kranswandelpaadjies. Die gastehuis bied gerieflike en suite-kamers en 'n gemeenskaplike selfsorgkombuis, eetkamer, leefarea, buitestoep en dek. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamers is beskikbaar.

Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n 10 KW-omsetter wat verseker dat die gastehuis nie deur beurtkrag geraak word nie. Gratis, privaat parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Elke kamer het 'n TV met 'n TV-stroomboks en gaste kan met hul eie besonderhede op die toepe inteken. Die leefarea het 'n slim-TV met die volle DStv-pakket. Elkeen van die ses kamers het 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort en toiletware.

Gaste kan selfinklok met sleutelboksies by die ingangsdeure en deur die hek te bel met aankoms.

Hermanus is 'n gewilde vakansiedorp op die suidelike kus van die Wes-Kaap. Dit is wêreldbekend vir fantastiese walviskykgeleenthede van beide die kus en bote af. Hermanus spog ook met verskeie strande. Grotto-strand is die grootste en het Blouvlagstatus. Ander strande sluit Voëlklip, Kommabaai, Sandbaai en Langbaai in. Gaste kan enige van die verskeie kuns- en kunsvlytmarkies in en om die dorp besoek van Lemm's Hoekmark tot die Kos- en Wynmark en die Hermanus Country Market. Alhoewel Hermanus 'n beroemde toeriste-aantrekking geword het, het dit tog sy vissersdorpie-bekoorlikheid behou.

Toeriste-aantrekkings om na uit te sien sluit die volgende in: walviskyk in seisoen, die Vuurtoring na Vuurtoring Offisiële Staptog, die Overstrand Seefees, die Kalfiefees in Augustus, die Walvisfees in Oktober, die Fernkloof Fynbosfees en die Wines2Whales Switchback Fees. Aktiwiteite in die omgewing sluit swem, visvang, wynproe, wynplase, voëlkyk, fietsry, stap, voetslaan en sterrekyk in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 35 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Erika D
5.0
Oornag besigheidsverblyf. Baie mooi en gerieflik gele in Hermanus. Het heerlik geslaap en was lekker om op die stoep aandete te eet na 'n harde dag. P...
Sien meer
Okt 2024
Burger B
Besigheidsreis
5.0
Baie gerieflik en vriendelike diens. Ons het al voorheen by Hermnaus Champagne Accommodation oorgeslaap en dit stel nooit teleur. Baie gerieflike plek...
Sien meer
Sep 2024
Sakkie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Dit was fantasties en baie lekker.
Mrt 2024
Immanda L
5.0
Verblyf in Hermanus Champagne word sterk aanbeveel. Baie netjiese en bekostigbare gastehuis met goed toegeruste kombuis. Loopafstand van die dorp en r...
Sien meer
Mrt 2024
Jan S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie bevredigend. Verblyf was waarde vir geld en die akkommodasie was ideaal.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ansie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 35

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hoofweg 213, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hermanus Champagne Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 213, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11ae9173c43e82a613a50c9e73ae1003ad7d0fa82fbbf3df1ca35ac3955a25780425f0fdfc27f9cdf2661a9f5602db4d2a14?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 213 Main Road Eastcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.414356 19.246963

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang