Jakkelsroep Akkommodasie
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
- Vanaf R580 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Jakkelsroep Accommodation is in die hartjie van die bosveld op 'n plaas, 40 km vanaf Pretoria geleë. Die area is malariavry.
Eenheid 1 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met lugverkoeling. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkmer het 2 driekwartbeddens. Elke slaapkamer het 'n waaier. Linne en handdoeke word voorsien. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Gesellige eetarea met stoele is ook beskikbaar. Gaste kan 'n lieflike stoep met braaigeriewe en 'n plonspoel geniet. Gratis Wi-Fi
Eenheid 2 het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n waaier. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n eetarea. Die eenheid spog ook met 'n stoep met braaigeriewe en 'n swembad. Gratis Wi-Fi
Die Tent-chalet met lugverkoeling bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n buitestort, donkie warm water sisteem. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en koffiemaakgeriewe toegerus. Braai geriewe asook gratis Wi-Fi
Die Meerkat Tent bied met lugverkoeling bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed asook opslaan bank vir 2 kinders onder 12, buitebadkamer met stort. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en koffiemaakgeriewe toegerus. Braai geriewe asook gratis Wi-Fi.
Al die bogenoemde verblyf bied onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Die Tent-chalet en Meerkat Tent en kampeer terein deel toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n lapa met sonkragligte. 'n Kinderspeelarea met 'n klimraam en trampolien is ook beskikbaar.
Wild op die perseel en sluit rooibokke, njalas, vlakvarke, jakkalse, volstruise, sebras, blesbokke en kleiner wild in. Gaste kan sterrekyk en na die jakkalse luister, maar daar is 'n streng geen-geraas en geen-diere-voer-beleid.
Ons is dierevriendelik, maar slegs indien vooraf gereël word, skoonmaak fooi R200 word gevra. Reëls moet nagekom word.
Jakkelsroep is 7 km vanaf die Tsukulu-hek van die Dinokeng-wildreservaat en die tuiste van die Groot Vyf en strek oor ongeveer 23 000 hektaar ongerepte natuur. Besienswaardighede in die area sluit begeleide wildritte, voetslaanroetes, bootvaarte en 'n verskeidenheid restaurante in. Dit is ook 9 minute vanaf die Lion and Cheetah Sanctuary, wat wildritte en diereinteraksie-ervarings bied.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Benita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 88
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
- Gaste dink Jakkelsroep Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 76, Kloppersbos, Pretoria, 0183, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang