Jamala Madikwe Royal Safari Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
- Vanaf R32 470 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jamala Madikwe Royal Safari Lodge is in die Madikwe Wildreservaat geleë en kombineer 'n koloniale styl met Afrika-eksentrisiteit. Dié lodge bied besonderse aandag aan detail en gaste kan 'n intieme bosveld-ervaring hier geniet.
Die lodge bestaan uit 5 luukse Jamala Madikwe Villas wat die natuurlike landskap beklemtoon. Elke villa het lugversorging, 'n gemaklike koninggrootte-bed en 'n uitsig oor die grasvlaktes en watergat. Die badkamer het 'n instapstort, 'n bad, dubbelwasbak en 'n toilet, sowel as 'n aantrekkamer. Bad- en swemhanddoeke, sowel as toiletware word voorsien.
Elke villa het 'n eetarea en 'n knus sitarea met 'n kaggel. 'n Kroegyskassie en koffie- en teemaakgeriewe is ingesluit. Die stapeldeure bied toegang tot 'n houtdek met luukse buitegeriewe soos 'n privaat randvloeiswembad, buitestort en 'n sitarea met sonstoele.
Fantastiese diens, luukse akkommodasie en pragtige eetareas maak Jamala Madikwe Royal Safari Lodge onvergeetlik. Die hooflodge spog met 'n ruim gastesitkamer, kroeg, boma en 'n groot swembad met sonstoele wat gaste 'n pragtige uitsig oor die grasvlaktes bied.
Die lodge het 'n privaat watergat wat gaste die geleentheid bied om wild te sien. Madikwe Wildreservaat is bekend vir wildkyk, spesifiek vir besigtigings van die bedreigde Afrika wildehond.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
Sien meer verblyf in Noordwes
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Via Molatedi Hek, Madikwe Wildreservaat, 2840, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang