Jutter Cottage
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2025 tot 17 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 003R2 403 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Jutter Cottage is 'n lieflike selfsorghuis in die Langezandt Fishermans Village in die hartjie van Struisbaai. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat uit die stadsgewoel wil ontsnap.
Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die derde badkamer met 'n bad en 'n stort. Een van hierdie slaapkamers is in 'n aparte woonstel op die perseel.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n sentrale etenstafel. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met Netflix, Showmax en DStv.
Buite is 'n lieflike tuin en onderdakstoep met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Die huis is naby die strand en hawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 59
Resensies 56
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langezandt Fishermans Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap