Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kakibos Accommodation

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Pieter C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Puik, uiters netjiese en gerieflike fasiliteite met ongelooflike gashere/vrou. Hoogs aan te beveel. Dit is min dat mens so tuis voel soos by hierdie uiters netjies en goedtoegeruste eenheid met die wild letterlik 20 meter voor jou deur die loop van die dag. Baie dankie vir julle ongelooflike gasvryheid en moeite om ons verblyf een van die beste nog te maak. Julle sien ons gou weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marinus S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

Absoluut fantasties. Ons het heerlik gebly en gebraai en na die baie wild van die huis af besigtig. Ons 2 seuns het lekker gespeel en hulle het veral die splashpool baie geniet. Die huis is baie goed ingerig met alles wat ons nodig gehad het. Die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam. Ons sal enige tyd weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annemieke P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2024

Ons het heerlik gekuier. Kliëntediens was puik! Volledig toegeruste selfsorghuis met absoluut alles wat nodig is. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jan K
Kort verblyf
5.0
Des 2024

Rus vir die siel. In die natuur. Sal definitief weer teruggaan na Kakibos! Ons is eintlik kampers want met kampery stap jy uit jou woonwa uit in die natuur in. Met Kakibos stap jy ook fisies uit die chalet uit in die natuur in - wonderlike belewenis vir ons wat gewoond is aan kamp. Die watergat is 'n heerlike bonus want daar het ons omtrent al Dinokeng se wild gesien, tot bosvarke wat ons nog nie vantevore so van naby kon bekyk nie. Wat die akkommodasie aanbetref, was alles puik. Die gasvryheid vanself. Die braaiplek is iets wat ek graag by my huis sou wou gehad het! Die halwe drom wat mens na die tyd oor die kole sit om vonke en brande te voorkom, is sprekend van die detail wat in Kakibos ingebou is. Dit was 'n sielerus wegbreek wat ons definitief in die toekoms sal teruglok na Kakibos toe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bianca D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2024

Fantasties! Wat 'n ongelooflike ervaring in die bos. Ons is ou bosvelders, maar dit was ons eerste keer in Dinokeng. Ongelooflike gasvrye mense wat ons ontvang het en seker gemaak het ons het alles. Die huis was lekker uitgerus met alles wat jy nodig het en nog meer. Beddens was mooi skoon en die hele plek het nes jou eie huis gevoel. My kinders het vreeslik lekker baljaar in die swembad van oggend tot aand. Die drinkgat vir die diere was welkomend wanneer jy vroegoggend jou koppie koffie geniet. Bokkies, zebras, jakkals en baie tarentale het ons kom groet. My man het natuurlik baie van die braai area geniet, veral omdat hy 'n lekker vuurtjie vir atmosfeer kon maak. Ons sal definitief weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nickus
Kakibos Accommodation
Ons is bly julle het dit geniet, kom gerus weer.

Maryke E
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2024

Lekker wegbreek nie te ver uit die stad nie. Ons het baie lekker gebly by Kakibos. Die huis was ruim, skoon en baie goed toegerus; ons het niks gekort nie. Gashere is baie vriendelik en behulpsaam gewees. Lekker in die bosveld met baie diere wat die watergat kom besoek het. Ons was 4 vrouens en het heerlik om die vuur gekuier in die aande sonder om onveilig te voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nickus
Kakibos Accommodation
Dit was lekker om julle hier by ons te he, kom gerus gauw weer.

Christa D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2024

Lovely bushveld stay. We had a lovely few days at Kakibos accommodation. We saw game right up close as we sat outside on the stoep or under the lovely big Fig tree. Making a fire at night under the bushveld sky was magical. The cottage was clean and well equipped, and we had everything that we needed. Our hosts were very friendly, and when our car battery died, they were so helpful to get it sorted. We will definitely go back! I can highly recommend this accommodation. And, it's a bonus that it's so close to Pretoria.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nickus
Kakibos Accommodation
It was a pleasure hosting you, Christa. Glad you enjoyed it!

Roline V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Nov 2024

Excellent. Excellent place to stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nickus
Kakibos Accommodation
Ek is bly julle het dit geniet, Roline. Kom gerus weer.

Albri S
Kort verblyf
5.0
Okt 2024

Heerlike bosveld atmosfeer, in gerief. Lieflike huis, baie goed toegerus met alles wat nodig is. Watergat reg voor die huisie se stoep waar vele diere kom water drink. Swembadjie net reg vir afkoel. Baie vriendelike gashere. Alles ingerig om 'n lekker bosveld uitspan te bewerkstellig! Beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nickus
Kakibos Accommodation
Dankie, ek is bly julle het dit geniet.

Heidi J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Die "splash pool" was 'n bonus en die water drinkplek 'n groot aanwins. Ja, ons het heerlik gebly. Ruim vertrekke, goed toegerus en privaat.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Nickus Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 6 maande

Vanaf R2 760
R 2 760 R 2 070
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 760
R 2 760 R 2 070
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Welgevondenplaas, Erfdeel 49, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92addde200ac480b710a6a328ccaab7d5310d6ff205b7ca1b473158c95817aa74793cc232fea13ea40f32579c2615d7f42b3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 760 nouVanaf R2 070 per nag, vir 6 mense 17 5 1 5 Welgevonden Farm, Portion 49 Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.374478867828 28.400414239934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang