Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Kalahari Hide

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kalahari Hide is op 'n plot net 5 km buite Kuruman. Die verblyf is ideaal vir reisigers wat na die Weskus, Kgalagadi of Namibië reis en die Moffat-sendingstasie is reg agter die plot en die nuwe Mokala Mall met 'n restaurant en winkel is sowat 1 km weg.

Kalahari Hide bied 'n plaasatmosfeer met verblyfopsies om van te kies.

Die kothuis het slaapplek vir 'n maksimum van 5 gaste. Dit is 'n redelike afstand van die hoofhuis af en dus lekker privaat. Daar is 2 slaapkamers wat 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer beskikbaar. Die kombuis is volledig toegerus en het 'n wasmasjien. Die oopplan-eetarea en -sitarea het 'n TV en DStv met sekere kanale wat KykNET, M-Net en Supersport insluit. Die stoep het sy eie braaiplek en daar is ook heelwat parkeerplek voor die kothuis.

Die semi-selfsorgkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamers met storte. Elke eenheid het lugversorging, 'n yskassie, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en 'n verskeidenheid breekware. Daar is 'n TV het sekere DStv-kanale wat M-Net, KykNET en Supersport insluit. Die kamers is baie privaat en agter die gemeenskaplike lapa geleë.

Die swembad en lapa met braaigeriewe is naby die kothuis, en al die kamers en gaste is welkom om dit te gebruik. Dit is slegs vir die gebruik van Kalahari Hide se gaste en geen kinders sonder toesig mag die swembad gebruik nie.

Kuruman bied verskeie besienswaardighede onder meer die Boesmansgat Sinkgat, die Moffat-sendingstasie, die Truce Tree en die Wonderwerk-grotte.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 159 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jeanette P
Besigheidsreis
5.0
Baie tevrede. Janet het vanaf die bespreking gemaak is uit haar pad gegaan om ons te akkommodeer en te laat welkom voel. Perfekte oornagplek. Ek het '...
Sien meer
Mrt 2025
Malcolm D
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant, friendly, comfortable. Very comfortable, pleasant, friendly stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Nicole C
Saam met vriende
5.0
Veilig, gemaklik en mooi uitsig. Ons het baie lekker gebly. Cottage was netjies, ons was veilig en kliëntediens was uitstekend.
Nov 2024
Marius V
Saam met vriende
5.0
Great experience. Janet is a great host. Die eenheid was perfek vir ons behoeftes, skoon en die klein dingetjies wat sy uitsit, is wat die verskil maa...
Sien meer
Okt 2024
Hilton A
5.0
Was very nice staying there. It was my first time and I enjoyed my stay. I am planning to go back soon.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Janet Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 159

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Hide het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seodinstraat 130, Kuruman, 1038, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d5055363054dc6cb11dd2728846c50ec06f3e07cabab7ef237f4fb76454e2f102eb691d147cd78bc823eebd49bd994b3227?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 159 5 1 5 130 Seodin Road Kuruman 1038 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.418927891017 23.433809134254

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011