Kalahari Lodge
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suidstraat 9, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kalahari Woonstelle bied warm gasvryheid en gerief in 'n stil gebied in die buitewyke van die dorp. Die onderneming is binne loopafstand van die sakekern en restaurante.
Daar is 6 privaat selfsorg-eenhede. Elke eenheid is goed toegerus met lugversorging, 'n yskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, braaipan, kombuisware, eetgerei en kookgereedskap. Hulle het selfsorg-kombuise met tee- en koffiegeriewe en beskuit en drie ontbytgrane. Braaitoerusting word ook voorsien. Die gerieflike eenhede is met dubbel- en enkelbeddens gemeubileer en het en suite-badkamers met baddens en storte. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien en alle beddens is met elektriese komberse opgemaak asook winterslakens gedurende die winter, en twee dik komberse vir daardie koue Karoo-nagte. TV's met die DStv-kanale (Hotel Premium pakket) is beskikbaar en gaste het private ingange en verandas waar hulle kan ontspan en skemerkelkies kan geniet.
Braaipakkies is op versoek beskikbaar vir diegene wat organiese Karoo-lamtjops en wors wil geniet. Elke eenheid het 'n strykplank, strykyster, insekweerder en noodlampe. Haardroërs is op versoek beskikbaar en 'n wasgoeddiens is vir verblyf van langer as drie dae beskikbaar. Die hele kompleks is omhein, goed belig en het toesluitparkering vir elke eenheid.
Die plaaslike museum het 'n verskeidenheid interessante stukke en gaste kan die interessante Corbelled House besoek. Carnarvon is ook die tuiste van MeerKAT - 'n radioteleskoop onder konstruksie in die Noordkaap in die wedywering om die vierkante kilometer teleskoop teen Australië te wen.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Brenda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 113
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Suidstraat 9, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
- Gaste dink Kalahari Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Carnarvon Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suidstraat 9, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang