Kariega Game Reserve - Settlers Drift Luxury Tented Lodge
Beskrywing
Elke ruim, 110 m²-safaritent beskik oor 'n weelderige slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n kaggel, sitarea en 'n en suite-badkamer met 'n moderne, losstaande bad, dubbelwasbak en 'n binne- en buitestort. Elke suite het lugversorging, 'n dakwaaier, haardroër, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n telefoon en yskassie met gratis voorraad. Elke suite het 'n privaat dek met 'n sitarea.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Prys sluit in
Tariewe sluit alle maaltye, sekere drankies, 'n yskassie met voorraad, oggend- en aandwildritte en ander wildaktiwiteite in.
Huisreëls
- Tariewe sluit 'n Kariega bewaring- en gemeenskapsfooi van R150 per gas per aand uit.
- 'n Bootpendeldiens vaar daagliks na Settlers Drift van die hawehoof af om 13:30 (afhangend van die weer) - daarom moet gaste teen ongeveer 13:00 by die hek wees om hierdie vaart te geniet.
- Gaste wat die bootpendelvaart mis, sal aanwysings ontvang oor hoe om na die huis te ry.
- Let asb. daarop dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Gaste word versoek om voor die bespreking by die instansie navraag te doen oor die toestand van die grondpad.
- Geen kinders van 10 jaar en jonger.
- 'n Derde persoon kan in 'n suite bly indien dit versoek word.
- 11 tot 16 jaar (as derde persoon wat deel) - 50% van die bo-staande deeltarief per persoon.
- 17 jaar en ouer (as derde persoon wat deel) - die bo-staande deeltarief per persoon.
- Kinders (11 jaar en ouer) in eie suite - betaal volle tarief soos per volwassene.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Settlers Drift Ingang, Kariega Wildreservaat, R343, Kenton On Sea, 6191, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang