Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Karoo La Villetta

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Rhenosterkop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 240 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Karoo La Villetta is op 'n olyf- en skaapplaas naby Beaufort-Wes en is ideaal vir 'n rustige naweekwegbreek in die Karoo. Dit is sowat 30 km van die dorp af en spog met 'n pragtige uitsig oor die Karoo-vlaktes en Rhenosterkopberg.

Die eenheid is pragtig versier en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir tot 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer. Elke kamer het lugversorging en linne en handdoeke word voorsien. Elektriese komberse word ook vir koue wintersnagte voorsien. Daar is 2 enkelslaapbanke in die leefarea wat ideaal is vir kinders.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien wat dit maklik maak vir gaste wat 'n bietjie langer wil bly.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n groot kaggel en TV. Daar is ook 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste saam 'n maaltyd kan geniet.

Die kothuis het 'n pragtige stoep met braaigeriewe en 'n Dover-stofie en 'n uitsig oor die Karoo se vlaktes kan van die stoep af geniet word.

Agter die huis is daar 'n boma met 'n kroegtafel, afdak en 'n groot vuurput waar gaste kan braai en saam met vriende of familie onder die sterbelaaide Karoonag kan kuier.

Daar is voetslaanroetes en groot, openbare grondpaaie vir fietsryers wat deur wildkampe omring word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Annelize B
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige en besondere verblyf in die Karoo! Heerlike verblyf met alles en nog meer.
Des 2024
Louis M
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende waarde vir geld. Pragtig skoon, rustige plaas akkommodasie met uitstekende ligging en gasvryheid.
Des 2024
Frederik D
Besigheidsreis
5.0
Maklik, veilig, asemrowend, rustig. Ons het baie lekker gebly en sal vir seker wil terugkom vir 'n langer tydperk, die plek is so mooi en rustig!
Nov 2024
Sarah S
5.0
Ongelooflik, 'n plekkie waar jy jouself kan vind en een met die natuur wees. Ek het nie woorde om te beskryf hoe uniek en ongelooflik pragtig julle pl...
Sien meer
Okt 2024
Stephen M
Gesin met tieners
5.0
Highly recommended. Fantastic! All the amenities that you need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • N1, Rhenosterkop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo La Villetta het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groot-Karoo Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 3 240
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 3 240
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N1, Rhenosterkop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e3ac9c2835a350b05da05930db9885e43425c4a4ec53ef9c5b5ab15e2b57dacbf1047c03a515c76b36c54f5fe33b8218ba2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 240 per nag, vir 6 mense 66 5 1 5 N1 Rhenosterkop Farm 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.218890489589 22.860249384866

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang