Kersbos Zuti
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kersbosstraat 8, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 000R1 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kersbos Zuti is 'n selfsorgeenheid op die grondverdieping van die eienaar se woonerf in Vermont, 'n bekoorlike kusdorpie in die Groter Hermanus-area. Die woonstel is geheel-en-al privaat en is naby geriewe, voetslaanroetes, strande en die Vermont-soutpan waar flaminke dikwels te sien is. Die eiendom is stapaftand vanaf Vermont strand en het 'n gedeeltelike seeuitsig. Dit is in 'n cul-de-sac gelee, en grens op die groen-beld.
Dié eenslaapkamer-eenheid bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n privaat ingang. Daar is 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer en die en suite-badkamer het 'n stort wat werk vanaf 'n gas-geaser. Daar is 2 enkelslaapbanke in die leefarea.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n TV met premium pakket DStv en gratis WiFi in die eenheid. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe en parkeerplek agter 'n elektriese hek.
Tydens kragonderbrekings is daar sonkrag wat die ligte sal aanhou. Sommige van die kragproppe sal egter nie werk nie. Warm water in die stort sal agv die gas-geaser ook vir gerieflike stort sorg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Kersbosstraat 8, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kersbosstraat 8, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang