Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Keurbosch

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill-straat 25, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 13)

Beskrywing

Keurbosch is in Keurboomstrand geleë, sowat 15 km vanaf Plettenbergbaai. Dit is een van die min oorblywende kleindorpse juwele aan die kuslyn van die Suid-Kaap wat nog grootliks teen skares beskerm word. Die huis skuil aan die doodloopstraat van 'n stil pad, met bos- en see-uitsigte. Dit is weggesteek en tog toeganklik.

Dié gesinshuis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers en bied slaapplek aan 13 gaste. Die huis het 'n unieke opset deurdat dit 2 huise in een is, volledig verbind maar apart.

Die 'bo-huis' beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, en die gastebadkamer het 'n stort. Op die boonste vloer is daar ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n skottelgoedwasser en koffiemasjien en 'n waskamer toegerus met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is ook 'n solder studeerkamer en leeshoekie, en sitkamer met 'n TV en kaggel. 'n Dek met sitplek buite en 'n Weber-braai is ook beskikbaar.

Die 'onderhuis' beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, en die oorblywende slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die gastebadkamer is toegerus met 'n bad en stort. Daar is ook 'n sitkamer en speelarea en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, oond en mikrogolf. Buitelugsitplek, -eet en 'n Weber- en boma-braai-area is beskikbaar.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 4 motors. Gaste kan op die terrasse ontspan en die asemrowende see-uitsigte geniet. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 13 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 4 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Hill-straat 25, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 13)
Vanaf
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 13)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill-straat 25, Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdadf5808df6874a0607f59d8745286db3da588aa6d0cb2ed86d9c84ab5faeb65c69b2f0fb3cb70e4a0837441db0bcd0147e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 13) 25 Hill Street Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.002466018707 23.45631578213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang