Khumbula at Caribbean Estates
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Khumbula at Caribbean Estates is 'n stylvolle selfsorgvilla op 'n strandfrontlandgoed in Port Edward. Die kompleks spog met 'n pragtige see-uitsig en bied direkte toegang tot die strand en Mtamvuna-rivier.
Die dubbelverdiepingvilla bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer bied 'n uitsig oor die see en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer is ook aan die see se kant en het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer bied 'n uitsig oor die landgoed en het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamer gebruik 'n badkamer met 'n bad en stort. Nog 'n badkamer met 'n stort is op die onderste verdieping beskikbaar.
Die hoofkombuis is ook op die eerste verdieping en is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea reg langs die kombuis het 'n etenstafel met 6 stoele en dit lei na 'n balkon met 'n addisionele sitarea.
Daar is 'n tweede kombuisie op die grondverdieping met 'n yskas, mikrogolf en skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n etenstafel met 8 stoele, 'n TV met DStv en 'n toonbank waarby maaltye genuttig kan word. Die grondverdieping lei na 'n onderdakstoep met trappe wat lei na 'n verhewe tuin. Daar is 'n braai-area in die tuin. Die motorhuis het 'n wasmasjien, tuimeldroër en tafeltennistafel wat gaste kan gebruik.
Die kompleks bied gemeenskaplike swembaddens, tennisbane, 'n speelgrond vir kinders en groot grasperke waar gaste piekniek kan hou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 99
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R61, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Rennies Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, Caribbean Estate, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang