Khumbula iAfrica 1
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Volstruisstraat 1547, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 920R1 728 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Khumbula iAfrica 1 is in Marlothpark en word omring deur pragtige uitsigte en wild wat vrylik rondloop. Khumbula iAfrica bied gerieflike verblyf wat ideaal vir natuurliefhebbers en enigeen wat op soek na 'n rustige wegbreek is.
Die eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 kamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed, 'n groot klerekas en 'n spieëltafel. Die kamer bied toegang tot 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is op die grondvloer en het 'n dubbelbed en 'n groot klerekas. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die solderarea het 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en klerekaste, sowel as 'n TV-area met 'n dubbelslaapbank. Dié area lei na 'n balkon met buitemeubels en 'n uitsig oor die swembad en braai-area. Die kamers op die grondvloer lei na 'n groot leefarea. Linne en handdoeke word voorsien. Grati WiFi is ook beskikbaar.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eiland met stoeltjies waar gaste hul maaltye kan geniet. Die kombuis lei na 'n leefarea met genoeg sitplek en toegang tot 'n stoep met meubels, 'n plonspoel en 'n oop binnehof met 'n braai.
Daar is 'n skoonmaak- en instandhoudingsdiens beskikbaar. Gaste kan uitsien na vrylopende wild wat kom besoek aflê aangesien die eiendom nie omhein is nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Els Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Volstruisstraat 1547, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Khumbula iAfrica 1 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Volstruisstraat 1547, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang