Kierie Kwaak Self-Catering Units
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kierie Kwaak Self-Catering Units is in die Jonkershoekvallei, sowat 3,5 km van Stellenbosch af. Die vallei word geraam deur pragtige berge waaruit die Eersterivier vloei.
Eenheid 1 is 'n eenslaapkamer-eenheid met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat toegerus is. Eenheid 2 is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer het 'n stapelbed in die tweede slaapakmer. Dit het ook 'n badkamer met 'n stort en 'n toegeruste kombuisie.
Die tweeslaapkamerwoonstel het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is ook 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n gemaklike sitarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is.
Die Family Guesthouse bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 'n kot indien nodig. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 1 enkelbed. Die badkamers het elkeen 'n bad óf n stort. Daar is 'n kaggel in die eetarea en 'n etenstafel met sitplek vir 10. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad is beskikbaar langs die Family Guesthouse.
Gaste kan die ontspanne atmosfeer en asemrowende uitsig geniet wanneer hulle in die plaasdam swem en kyk hoe verskeie voëls in die verte baljaar. Daar is ook staproetes in die berge. Die Jonkershoekvallei het verskeie wynkelders om te besoek, staproetes en voetslaanroetes in die natuurreservate en kunsvlieghengel is beskikbaar. Daar is heelwat plaaslike restaurante en markies in Stellenbosch.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Kierie Kwaak Self-Catering Units het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang