Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipspringerkloof Bush Camp - Karavaan Park

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rust De Winter-weg, Klipdrift Plaas Erfdeel 9 Dinokeng-natuurreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
  • Vanaf R560 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Klipspringerkloof Bush Camp grens aan die Dinokeng Natuurreservaat en ons karavaanpark het 10 kampeer staanplekke, elk met 'n eie privaat braai-boma asook 'n privaat badkamer.

Elke kampstaanplek is ingerig vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 3 kinders (onder die ouderdom van 10) en het almal 'n krag-en-waterpunt. Die staanplekke is geplavei of gevul met gruisklippies en elke kampeerplek het sy eie privaat bosveld braai-boma wat geplavei is met 'n braai en vuurput, asook 'n privaat vol-geteelde badkamer wat kan sluit (met warm water) en 'n opwasarea vir skottelgoed. Die badkamers het elkeen 'n wasbak, stort en toilet.

Die staanplekke is ruim genoeg vir 'n groot karavaan of motorwoonwa of boswa met 'n tent en een voertuig per staanplek word toegelaat. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad in die middel van die kamp met grasperke, sonstoele en piekniektafels en daar is ook 'n lieflike plaasdam waar gaste kan visvang of piekniek hou. Daar is stap en fietsryroetes en 'n uitkyktoring met 'n pragtige uitsig oor die bosveld!

Daar is ook 'n aparte Selfsorg Klip Chalet wat 2 gaste kan akkommodeer so 800 m van die karavaanpark af.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Realta L
5.0
Puik! Beste kamp en chalet verblyf buite Gauteng. Eienaars en werkers wonderlik, geriewe en ablusiës onberispelik skoon. Beste padaanwysings sedert on...
Sien meer
Okt 2024
Christine D
5.0
Kamp rustigheid. Ons was drie gesinne wat saamgaan kamp het. Dit was heerlik soos altyd! Baie vriendelike mense, dankie. Ons het lieflik gerus.
Sep 2024
Jaco D
Saam met vriende
5.0
Lovely place. Lovely place with very good and clean facilities. I love the roaming wildlife.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Die normale klakouse sal moeilik iets hier kry om oor te kla. Uitstekende plek. Baie mooi plek, netjies. Vriendelike eienaars. Kan nie anders as om ty...
Sien meer
Aug 2024
Rochelle N
Gesin met klein kinders
5.0
Moeitelose naweek wegbreek. As 'n gesin met klein kinders het ons die privaat geriewe (badkamer en opwas area) baie waardeer. Dit is ideaal vir iemand...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Naas & Melanie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 75

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rust De Winter-weg, Klipdrift Plaas Erfdeel 9 Dinokeng-natuurreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Klipspringerkloof Bush Camp - Karavaan Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 560
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 560
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rust De Winter-weg, Klipdrift Plaas Erfdeel 9 Dinokeng-natuurreservaat, Dinokeng, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaf7bd74baf09fa48d29269f94fb238d50a26aea548f5b95a612b168b7ded28d531f4819d286cce435f641df1747aa0288bfe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R560 per nag (plek vir 4) 9 5 1 5 Rust De Winter Road Farm Klipdrift Portion 9 Dinokeng Nature Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -25.348445167219 28.460382568783

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang