Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knysna Lagoon-side Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R12 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Knysna Lagoon-side Villa is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die idilliese kusdorpie Knysna in die Tuinroete. Hierdie ruim villa is 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek met pragtige ongerepte uitsigte oor die strandmeer.

Dié dubbelverdieping-villa bied slaapplek vir tot 8 gaste in 4 slaapkamers, almal met deure wat toegang tot óf 'n patio óf 'n balkon het, en 6 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers is albei ingerig met 'n koninggrootte-bed, en hulle het toegang tot en suite-badkamers wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Albei hierdie kamers het ook toegang tot en suite-badkamers wat met 'n stort, wasbak en toilet toegerus is. Daar is twee gastebadkamers wat toegerus is met 'n toilet en wasbak. Kwaliteit linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die opwaskamer is toegerus met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Van die kombuis af is 'n groot etenstafel en die gaste het toegang tot 'n kroegarea. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Al die leefareas het glasdeure wat uitloop op die onderdakstoep met 'n braai, 'n etenstafel en 'n paar sonstoele. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n groot tuin met direkte toegang tot die strandmeer, en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie eiendom is naby verskeie plaaslike geriewe en doendinge soos winkels, restaurante, strande, die bootklub en Leisure Island-tennisklub geleë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 6
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 5

Toilet
Badkamer 6

Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2790ba6244999c5540c3df7d8ad7d207e0246b0f94cb97df8bac1ab3d7e490294b6a7924934860e07fcb1cc41c7ef4f1e867?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 000 per nag (plek vir 8) 19 Watersedge Road Leisure Island 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.062097721749 23.049985808617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang