Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Knysna Lagoon-side Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R12 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Knysna Lagoon-side Villa is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die idilliese kusdorpie Knysna op die Tuinroete. Hierdie ruim villa is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek met pragtige ongerepte uitsigte oor die strandmeer.

Dié dubbelverdieping-villa bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers. Elke slaapkamer het deure wat toegang tot óf 'n stoep óf 'n balkon het, en daar is 6 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elkeen van hierdie kamers het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is twee gastebadkamers, elkeen met 'n toilet en wasbak. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n groot etenstafel en gaste het toegang tot 'n kroegarea. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Al die leefareas het glasdeure wat lei na die onderdakstoep met 'n braai, 'n etenstafel en 'n paar sonstoele. WiFi is beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n groot tuin met direkte toegang tot die strandmeer, en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Hierdie verblyf is naby verskeie plaaslike geriewe en aktiwiteite soos winkels, restaurante, strande, die bootklub en Leisure Island-tennisklub.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 6 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Ondervloerse verhitting

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Soughted Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 4

Resensies 1

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R12 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Watersedge-pad 19, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2790ba6244999c5540c3df7d8ad7d207e0246b0f94cb97df8bac1ab3d7e490294b6a7924934860e07fcb1cc41c7ef4f1e867?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 000 per nag (plek vir 8) 19 Watersedge Road Leisure Island 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.062097721749 23.049985808617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang