Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Koekeloer Selfsorg Eenhede

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 110 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Koekeloer Selfsorg Eenhede bied plaasstyl selfsorgverblyf in eenhede met unieke en stylvolle afwerkings. Die verblyf is sentraal in Nieu-Bethesda geleë en slaapplek is beskikbaar in 3 selfsorgkothuise, elk met plek vir 2 gaste.

Koekeloer Kothuis 1 is 'n knus kothuis met plek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is sitplek vir 2 by die etenstafel. Die eenheid het ook gemaklike sitplek en 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe.

Koekeloer Kothuis 2 is oopplan en het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Die eenheid se kombuisie is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, 'n mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware toegerus en daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe. Die kothuis het ook 'n privaat stoep met braaigeriewe en gaste kan in die plaasstyl swembadjie afkoel.

The Shed is die nuutste kothuis met plek vir 2 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en leefarea. Die slaapkamer het 'n ekstra lang koninggrootte-bed. Daar is ook 'n lekker vuurmaakplek vir die koue winternagte of net 'n romantiese aand met 'n glasie wyn. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en aparte toilet. Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en daar is sitplek vir 4 by die etenstafel. Die eenheid het ook gemaklike sitplek en 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe. Die privaat buite-kuierarea het 'n buitestort en wasbak. Trappe lei vanaf die slaapkamer na 'n buitedek met 2 gemaklike stoele. Dit is die perfekte plek vir 'n oggendkoffie aangesien dit 'n mooi uitsig het. Hierdie eenheid is die perfekte plek vir 'n romantiese wegbreek.

Die verblyf se ligging bied maklike toegang tot al die dorp se restaurante, plaaslike besienswaardighede soos die Uilhuis, Kitching Fossielsentrum en pragtige voetslaanroetes rondom die dorpie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Clare G
Gesin met tieners
5.0
Splendid. Absolutely amazing town and splendid units, perfectly put together with no detail spared.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Allie K
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly. Al wat nog kort is 'n TV.
Apr 2024
Garth H
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely fabulous with two wonderful hosts. Our stay was absolutely fabulous. I cannot compliment the owner and his mother enough on ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Jose R
Gesin met tieners
5.0
Rustig stil en sielswarm. Ons altwee eenhede bespreek vir ons familie en dit was so rustig en stil. Plek is baie mooi en Coert was 'n uitstekende gash...
Sien meer
Mrt 2024
Jacques V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Fantasties, sal altyd weer by Koekeloer bly! het so moeite gedoen met ons! Baie dankie!
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Coert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Koekeloer Selfsorg Eenhede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 110
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 110
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hudson-straat 229, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA37aed60ed5b0bc4bd300023830255c3457e0e036c182fa11e4ce3791da2daa78ca7aaa10df03928209cce33d95cadaf2cdb1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 110 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 229 Hudson Street Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -31.86655054974 24.554226436246

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang