Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Komatipoort River House

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Hippos, Langs die R571, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Vanaf R990 R792 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Komatipoort River House is langs die Komatirivier op 'n plaas net buite die Krugerwildtuin in Komatipoort geleë.

Gaste sal pragtige uitsigte oor die rivierfront en sonsondergange vanaf die huis geniet. Die dek bied 'n paradys tussen die bome en die voëls en gaste kan selfs seekoeie en krokodille in die rivier sien.

Die huis het 2 slaapkamers met asemrowende uitsigte en 2 en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is 2 addisionele matrasse in die sitarea. Die eerste badkamer het 'n hoekbad en wasbak in die kamer en 'n aparte toilet. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n rustieke buitebadkamer met 'n toilet, stort, wasbak en 'n kombuiswasbak.

Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n groot gasstoof en elektriese oond. Die sitarea het ekstra sitplek.

Gaste kan buite braai of in die stoepstoele sit of om die ekstra tafels sit. Daar is ook 'n groot parkeerarea vir gaste.

Klein troues en funksies vir tot 50 gaste is welkom. Dit moet direk met die eienaar bespreek word.

Komatipoort het baie wonderlike besienswaardighede in en om die area, insluitend die Krokodilbrughek, die Lebombo-grenspos, Kambaku-gholfbaan, Marloth Park met verskeie restaurante en uitsigte en die uitstaande Krugerwildtuin.

Gaste moet asseblief hul eie kos, toiletpapier, hout en handdoeke saambring.

Hierdie tweeslaapkamerhuis bied pragtige uitsigte en sonsondergange.
Riviervlot-uitstappies is op die perseel beskikbaar en gaste kan bespreek en betaal met aankoms. Tierhengel is gratis vir oornaggaste. Daar is ook 'n glybaan op die perseel vir gaste met hul eie boot.

Neem asseblief kennis dat die gebruik van die lugversorging vir gaste se eie rekening is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad

Leefarea

2

2 x Ekstra enkelmatras

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.2
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Erika Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 47

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • The Hippos, Langs die R571, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Komatipoort River House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
R 990 R 792
per nag (plek vir 6)
Vanaf R990
R 990 R 792
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Hippos, Langs die R571, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA032228a9ea02bd412eeda8e28ba843924245338e83b1c7498521a749a2877121cf3bae127934bd1ec3faed5ada99440b238e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R990 nouVanaf R792 per nag (plek vir 6) 36 5 1 5 The Hippos Off the R571 1340 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -25.47551281649 31.966438293457

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang