Kruger Cliffs Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 3, Scotia-plaas, R531, 34 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 980 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kruger Cliffs Lodge bied bekostigbare, dog luukse selfsorgverblyf met 'n asemrowende berguitsig. Die lieflike lodge is 45 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek en 34 km vanaf Hoedspruit geleë.
Gerieflike en moderne verblyf word in 4 kothuise gebied. Elke slaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed onder 'n muskietnet wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort, toilet en 'n wasbak, asook 'n buitestort met 'n berguitsig. Handdoeke en stortjel word voorsien. WiFi is in elke kothuis beskikbaar.
Elke kothuis het 'n kombuis wat met 'n mikrogolfoond, keramiekstoofplaat (geen oond), ketel, broodrooster, groot yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Ander kombuisgeriewe sluit sout, peper, 10 L-drinkwater, 0.5 L-melk, skottelgoedwasserseep en -tablette, 'n vadoek en 'n teedoek in. Elke kothuis het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet.
Die kothuise bied privaatheid in die kothuis en buite op die dek. Elke kamer het 'n groot glasskuifdeur wat 'n wonderlike uitsig op die berge bied.
Al 4 kothuise spog met verfrissende privaat plonspoele met 'n ontwerp wat eie is aan die area. Daar is ook sitareas en Megamaster-ketelbraaigeriewe op die privaat dekke.
Ontbyt en braaipakke kan teen 'n ekstra koste by die kothuis afgelewer word, maar moet ten minste 3 dae voor aankoms bestel word. Aktiwiteite kan ook vooraf bespreek word, maar baie besienswaardighede in die area kan maklik self besoek word.
Daar is 'n bistro in Kampersrus sowat 5 tot 10 minute se ry vanaf die lodge en 'n ander restaurant 15 tot 20 minute se ry ver. Daar is ook baie restaurante in Hoedspruit. Die Blydedam is 24,9 km ver en die Strydom-tonnel, wat die begin van die Panoramaroete is, is 48 km ver.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
- Vlaams
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Mira Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Erfdeel 3, Scotia-plaas, R531, 34 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Kruger Cliffs Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 3, Scotia-plaas, R531, 34 km vanaf Hoedspruit, 1380, Limpopo