Kruger Gateway at 502
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelhaakstraat 502, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kruger Gateway at 502 bied gastekamers en is in Mhlatikop, Malelane geleë. Die gastehuis is ideaal geleë sowat 3,3 km vanaf die Malelane-hek na die Krugerwildtuin.
Verblyf by die gastehuis bestaan uit 3 aparte gastekamers wat elk 2 persone kan akkommodeer. Dié kamers is ingerig met óf 2 driekwartbeddens, 'n dubbelbed óf 'n koninggrootte-bed, en elke kamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Spesiale slaapreëlings kan versoek word indien ouers met kinders reis.
Daar is 2 kamers met basiese selfsorgtoebehore soos 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en oond-kombinasie, 'n opwasarea, breekware en eetgerei. The Rhino Room het 'n kombuisie wat toegerus is met verhit-en-eetgeriewe soos 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Verder beskik elke kamer oor gratis WiFi-internettoegang, 'n TV met 'n Netflix- en Showmax-toepassing, en tee- en koffiemaakgeriewe.
Elke kamer maak oop op 'n privaat stoep wat braaigeriewe bied vir gaste om te gebruik. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Vanessa Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Geelhaakstraat 502, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Gateway at 502 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Malelane Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelhaakstraat 502, Mhlatikop, Malelane, 1320, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang